Soorte resepte:

Plated Convenience – Gesonde kos by jou voordeur

Foto: Plated.co.za

Foto: Plated.co.za

[Promosie]

Ons lewens is vandag vreeslik besig – dit is ʼn gejaag van een plek na die volgende en mens is gewoonlik stokflou wanneer jy by die huis kom. Dit is juis op hierdie dae wat mens na gemorskos gryp, omdat jy net nie kans sien vir ʼn sessie voor die stoof nie.

Plated Convenience, ʼn maatskappy wat glo ʼn gesonde leefstyl moet gerieflik wees, is besig om denkwyses oor kosmaak te verander.

Hierdie maatskappy spesialiseer in voorafgemaakte maaltye, maar volgens Willbert Kinnear, uitvoerende hoof van Plated Convenience, is dié maaltye nie soos destydse “televisie-aandetes” nie.

“Ons glo in gesonde, maar smaaklike etes. Ons hoofdoel is om topkwaliteit kos na mense te bring. Ons bring gerieflikheid en gesondheid saam,” sê Willbert.

Heerlike maaltye, soos beesfilet en patats, herderspastei en geroosterde hoender, is maar net ʼn paar van die maaltye wat met organiese bestanddele gemaak word en dan by jou voordeur afgelewer word.

Foto: Plated.co.za

Foto: Plated.co.za

“Alles in vandag se lewe gaan oor gerieflikheid – die manier waarop ons kommunikeer en reis word al hoe makliker en gesonder eet moet ook geriefliker wees. Ek glo dit is hoe ons in die toekoms gaan eet. Ons glo in ʼn gesonde leefstyl, maar dit beteken nie ons wil nie hê mense moet sit en kalorieë tel nie”.

Plated se maaltye bevat geen ekstra suiker of preserveermiddels nie en maak ook voorsiening vir mense met allergieë. Willbert sê vanjaar is gesinsetes ook beskikbaar as jy vir nog ʼn paar honger magies moet sorg.

“Ons maak beslis voorsiening vir gesinne. Al eet jy nie elke dag van ons etes nie, is dit ʼn goeie plaasvervanger vir die naweek se wegneemetes. Die konsep draai daarom dat daar altyd ʼn gesonde ete in jou yskas byderhand is.”

Pakkette is beskikbaar teen ʼn vaste prys, maar daar is ook ʼn magdom etes en peuselhappies om van te kies indien jy jou eie pakket wil bou. Die minimum bestelling is R500 en dan word jou boks by jou huis afgelewer.

Foto: Plated.co.za

Foto: Plated.co.za

Sover lewer Plated etes af in Gauteng en omliggende provinsies, soos Limpopo, Noordwes en Mpumalanga. Dienste in ander provinsies, soos die Wes- en Oos-Kaap, sal ook later vanjaar beskikbaar wees.

Plated se konsep is eenvoudig:

  • Jy gaan na die webwerf, kies jou etes en betaal. Betaling is baie veilig en maklik.
    Etes kan ook per e-pos bestel word.
  • Jy sal onmiddellik ʼn e-pos ontvang wat jou bestelling bevestig.
  • Jy ontvang ʼn oproep in die volgende 24 uur om die afleweringsplek en -tyd te bevestig.
    Plated het ook ʼn winkel in Pretoria as jy self jou pakkie wil gaan haal, wat beteken jy betaal nie vir aflewering nie.
  • Indien jy nie genoeg pakplek het nie, kan hulle ook jou pakkie opdeel en kom aflewer wanneer jy reg is.
  • Etes word gevries afgelewer, maar alle disse word vars voorberei.
  • Jou pakkie word tussen 2 – 5 werksdae afgelewer.

Besoek gerus Plated Convenience se webwerf of stuur ʼn e-pos vir meer besonderhede en gaan kyk sommer hoe lyk die spyskaart. Daar is ook verskeie resensies oor Plated Convenience  se kos op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Brandan Loos ·

Dis n fantastiese konsep, het al met hulle kontak gemaak – hulle kommunikasie is net baie sleg en het maar oorbeweeg na ander organisasie in dieselfde veld met baie beter diens.

Plated Convenience ·

Hello Brandan, ons hou rekord van alle kommunikasie, en ek tel geen kommunikasie met jou op die naam op enige kommunikasie platform op nie, ons kontak alle kliente begin 24 uur sover moontlik, en volg gereeld op rakende enige bestellings. Ons facebook blad wys dat alle Facebook navrae teen ‘n gemiddeld van minder as 5 min beantwoord word, en 100% van navrae is tot dusver beantwoord.

Ons poog om die voorlopers in kliente diens in ons veld te wees, en indien daar wel iewers kommunikasie probleme was, sal ek graag wil opmaak daarvoor. Kontak my gerus by [email protected]

Groete
Willbert Kinnear

Marita ·

Wonderlik – ek brand meeste aande vas omdat ek eers laat van die werk af kan ry. Is seker dit kan vir baie huisgesinne n uitweg wees

Boggom ·

Wat is die koste verbonde aan ‘n promosie-artikel soos hierdie?

Landi Slatter ·

Dagsê Boggom,

Dankie vir jou navraag. Jy kan gerus vir Brendon Staniforth e-pos in verband met enige adventensie verwante aangeleenthede. Sy e-posadres is [email protected]

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.