Met dié resep kan jy ʼn hele klomp soorte pap maak.
Hawermoutpap
Bestanddele:
- 60 ml gerolde hawermout
- 250 ml kookwater
- ʼn knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 2½ – 3 minute op mediumhoog.
- Stoofplaat: Prut 3 – 5 minute.
Hawermoutpap met hawersemels (oat bran)
Bestanddele:
- 45 ml gerolde hawermout
- 15 ml hawersemels
- 250 ml kookwater
- ’n knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 5 minute op mediumhoog.
- Stoofplaat: Prut 4 – 5 minute.
Taystee Wheat
Bestanddele:
- 50 ml Taystee Wheat
- 50 ml koue water
- 200 ml kookwater
- ’n knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 3 – 5 minute op mediumhoog.
- Stoofplaat: Prut 7 – 9 minute.
Mieliemeelpap/Kreemymeel
Bestanddele:
- 50 ml fyn mieliemeel/Kreemymeel
- 50 ml koue water
- 200 ml kookwater;
- ʼn knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 4 – 5 minute op medium.
- Stoofplaat: Prut 7 – 9 minute.
Braaipap/polenta
Bestanddele:
- 50 ml growwe braaipapmieliemeel/polenta
- 50 ml koue water
- 200 ml kookwater
- ʼn knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 8 – 10 minute op medium.
- Stoofplaat: Prut 10 – 12 minute.
Wenk: Laat week die meel oornag in 100 ml koue water. Voeg die volgende oggend 150 ml kookwater by. Die kooktyd sal dan korter wees.
Sorghummeelpap (fyn meel)
Bestanddele:
- 50 ml fyngemaalde sorghummeel
- 50 ml koue water
- 200 ml kookwater
- ʼn knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 2 – 3 minute op mediumhoog.
- Stoofplaat: Prut 3 – 5 minute.
Sorghummeelpap (growwe meel)
Bestanddele:
- 50 ml grofgemaalde sorghummeel
- 250 ml kookwater
- ʼn knypie sout
Metode:
- Mikrogolf: 10 minute op medium.
- Stoofplaat: Prut 10 – 12 minute.
Wenk: Laat week die meel oornag in 100 ml koue water. Voeg die volgende oggend 150 ml kookwater by. Die kooktyd sal dan korter wees.
Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg
NIE ‘n kenner – vra maar net want ek is altyd bereid om iets te leer : ek maak my hawermout in verhouding 1:3. Sien resep is >1:4, is dit nie bietjie te PAP vir die PAP nie? :) Sal in elk geval probeer.
Dankie vir die res