Pampoenkoekies met karamelsous – soos jou ouma dit gemaak het.
Bestanddele:
Pampoenkoekies
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- ’n knippie sout
- 30 ml suiker
- 2 eiers
- 30 ml Clover-volroommelk
- 250 ml koue gaar pampoen, fyngemaak
- 750 ml olie vir diepvetbraai
Karamelsous
- 250 ml suiker
- 60 ml Clover Mooiriver-botter
- 250 ml water
- 250 Clover-volroommelk
- 25 ml vlapoeier
Metode:
Pampoenkoekies
- Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer die suiker by.
- Klits die eiers en melk saam tot gemeng. Roer dit by die pampoenmoes totgoed gemeng
- Roer die pampoenmengsel by die meelmengsel.
- Verhit die olie en braai lepelsvol beslag daarin tot goudbruin.
- Plaas die pampoenkoekies op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
Karamelsous
- Braai die suiker en botter in ’n dikboomkastrol tot goudbruin.
- Roer die water stadig by en roer tot die karamel gesmelt is. Roer die melk stadig by.
- Maak die vlapoeier met ’n bietjie water aan tot ’n pasta en roer dit by die sous.
- Verhit dit tot die sous verdik – ongeveer 3 minute. Verwyder dit van die hitte sodra borrels vorm.
- Sit die sous saam met die pampoenkoekies voor.
- Bron: Clover Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
- Uitgewer: Lapa
Nee allemaggies, my ma en my ouma (albei lank reeds saliger) het nooit sulke fênsie pampoenkoekies gemaak nie … nogal ‘n karamelsous!! Die pampoenkoekies waarna ek verlang, word in die pan in ‘n klein bietjie olie gebraai, en kry net ‘n lagie kaneelsuiker oor. Maar indien een van die lesers wat hou van kook en bak my oornooi om hierdie resep te kom proe, sal ek nie nee sê nie …
Hierdie is presies soos my ma dit gemaak het – NJAMMIES !!!
Gaan dit probeer
Is 2ml vlapoeier korrek?
Dagsê Evy
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media