Soorte resepte:

Resep: Piesangbrood

Argieffoto Foto: babble.com

Argieffoto Foto: babble.com

WENK: Jy kan ook ½ koppie fyngekapte neute byvoeg – heerlik!

Bestanddele:
125 g margarien
1½ k suiker (375 ml)
3 eiers
5 ml vanieljegeursel (1 t)
1 k piesangpulp (250 ml)
2 k meelblom (500 ml)
2 t bakpoeier (10 ml)
¼ t koeksoda (1,5 ml)
¼ t sout (1,5 ml)
2 e melk (25 ml)

Metode:
1. Klits margarien en suiker tot mooi lig van kleur.
2. Gooi eiers een vir een by en klop goed na elkeen.
3. Voeg vanieljegeursel by en vou piesangpulp in.
4. Voeg droë bestanddele om die beurt met melk by.
5. Bak by 180°C (350°F) vir ± 1 uur.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636