Soorte resepte:

[Resep] Rissie-en-kaasdoopsous

Rissiesous

Rissie-en-kaasdoopsous. Foto: Lekker en Vinnig

(Uit: Vatkos, Carolie de Koster)

Lewer ± 500 ml

Bestanddele:

  • 30 ml botter of margarien
  • 3 grasuie, fyngekap
  • 1 of 2 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap of 2 tot 5 ml droë rissievlokkies
  • 3 ml fyn komynsaad
  • 250 ml suurroom
  • 500 ml gerasperde Cheddarkaas
  • Tabasco-sous (groen of rooi) om oor te drup

Metode:

  1. Smelt die botter of margarien in ʼn kastrol en voeg die grasuie, rissies en komynsaad by. Braai stadig vir 3 minute terwyl dit geroer word.
  2. Roer die suurroom in en roer die kaas by sodra die room warm is. Roer totdat die kaas gesmelt is en die mengsel glad en blink is.
  3. Giet in ʼn warm erde- of soortgelyke bak en drup die Tabasco-sous oor.

Bron: Lekker en Vinnig: Souse
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.