Soorte resepte:

[Resep] Uiemarmelade

Uie

Uiemarmelade. Foto: Bottel en Gebruik

Wat ’n ongelooflike produk met soveel gebruike! Dit is heerlik saam met kaas, vleis, op ʼn broodjie, saam met ʼn quiche en by kouevleis.

Lewer ± 1 kg

Bestanddele:

  • 2 kg uie, in baie dun skyfies gesny
  • olie vir braai
  • 5 knoffelhuisies, gekneus
  • 500 ml bruinsuiker
  • 500 ml balsamiese asyn
  • 500 ml rooiwyn

Metode:

  1. Soteer die uie in olie.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en prut onbedek vir 1-1½ uur tot goed ingedamp en stroperig.
  3. Skep dit in gesteriliseerde flesse en verseël.

Variasies

Uiemarmelade met tiemie en suurlemoen

  • Voeg 100 ml vars tiemieblare en 50 ml fyngerasperde suurlemoenskil by.

Rooi uiemarmelade

  • Gebruik rooi pleks van wit uie en vervang die balsamiese asyn met rooiwynasyn.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lynette ·

Ek het uie marmelade gemaak en dis heerlik. Kort net n bietjie sout en varsgemaalde peper.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.