Met die lente wat wink is hierdie oorspronklike slaai perfek om by die volgende braai voor te sit.
Bestanddele
- 60 ml Mooi River Clover-botter
- 30 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 5 ml droë gemengde kruie
- 6-8 murgpampoentjies
- 1 rooi-ui in skyfies gesny
- lemoene, afgeskil en in skyfies gebreek
- 5 ml gerasperde lemoenskil
- knoffelhuisie, gekneus
- 5 ml Dijonmosterd
- 15 ml witasyn
- 10 ml strooisuiker
- 45 ml olyfolie
- 5 ml vars gekapte tiemieblare
Om op te dien (opsioneel)
- granaatpitte
- vars geskeurde kruisementblare
- Clover-fetakaas
Metode
- Plaas die botter, olie en gemende kruie in ʼn klein pannetjie en verhit tot die botter gesmelt is.
- Sny murgpampoentjies in dun repe (gebruik ʼn mandolien of groenteskiller.) Verf albei kante van die murgpampoentjies met die bottermengsel en rooster vir 1-2 minute aan ʼn kant op die braai of in ʼn warm riffelpan op die stoof.
- Rangskik die murgpampoentjies op ʼn opdienbord.
- Rooster die uieskyfies vir 1-2 minute aan ʼn kant en plaas bo-op murgpampoentjies, gevolg deur die lemoenskyfies.
- Plaas die oorblywende bestanddele in ʼn klein mengbak en klits saam. Bedruip die slaai met die slaaisous.
- Garneer voor opdiening met van die opsionele bestanddele indien verkies.
Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa