Soorte resepte:

Só skud ander lande die vetrolletjies af

Kos

Foto: Pixabay.com

Volgens Lize Snyman Dieetkundiges het Suid-Afrika se algehele bevolking ʼn vetsugkoers van 31,3 persent – in vergelyking met lande soos Frankryk, Italië en Swede wat onder 10 persent lê en Japan, Sjina en Indië met minder as 5 persent.

Hierdie lande moet iets reg doen om dié lae persentasies te bereik. Hier is ʼn paar wenke van hoe ander lande die rolletjies afskud:

  • Die Japannese begin elke ete, ontbyt ingesluit, met ʼn soort aftrekselsop. Dié sop hou jou langer versadig en beperk ook kalorie-inname vir die dag. Die Japannese eet nie tot hulle versadig is nie, al is daar nog kos oor op die bord.
  • In Thailand is baie van die geregte vol brandrissies – dié bestanddeel dien as ʼn eetlusdemper en laat jou metabolisme ook vinniger werk.
  • Die Pole bestee slegs 5 persent van hul begroting aan uiteet – uiteet en wegneemetes hou nou verband met die styging van die vetsugkoers.
  • Die Franse staan gemiddeld 42 minute af aan ʼn ete. Altesaam 92 persent van dié gesinne eet saam aan tafel.
  • Die geselskap help hulle om stadiger te eet wat ’n mens ook help om te weet wanneer jy versadig is.
  • In Rusland word mense aangemoedig om hul eie vars produkte te kweek en te oes. Hulle bewaar ook dié produkte deur dit in te lê. Dit lei tot ʼn baie meer voedsame dieet.
  • Altesaam 75 persent van die Duitse bevolking eet daagliks ontbyt wat uit vrugte en volgraan bestaan.
  • In Brasilië eet mense gereeld rys en bone. Bone is baie laag in vet asook ʼn goeie bron van vesel wat bloedsuikervlakke stabiliseer en cholesterol verlaag.
  • In Nederland lê die deursneemens 870 km per jaar per fiets af. Dié manier van vervoer word daagliks gebruik om inkopies te doen of selfs werk toe te gaan.

Ons kan soveel leer van ander lande as dit kom by ʼn gesonde leefstyl. Pas gerus dié paar wenke toe!

Skakel Lize Snyman Dieetkundiges by 012 367 4312 vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan du Plooy ·

Ons is nou ‘n rukkie op ‘n banting eetplan .
Dit werk sonder om uit jou pad te gaan met sogenaamde spesiale geregte, kaloriee tel en hongerly.
Dit gaan nog ‘n helse verleentheid in die mediese arena word vir ‘n klomp sg professionele mense .

Wessel ·

Stem saam Johan. Reeds besig vir meer as ‘n jaar. Gewigsdoelwit bereik na 3 maande en verbeterde gesondheid!

johan 2 ·

Eks met julle Johan en Wessel! sommige vroue lyk my sukkel net om van die suiker af weg te kom. Die hoeveelheid suiker in ons kos is skrikwekkend en prbeer dit nou aan “anti-banters” noem, hul wil eenvoudig niks weet daarvan nie. Ons moet maar v Tim wat so geteister word probeer ondersteun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.