Soorte resepte:

[Resep] Pampoensop

Sop

Pampoensop. Foto: Kook saam Kaaps

Hierdie sop laat ’n mens sommer uitsien na die winter!

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 1 groot pampoen, geskil en in blokkies gesny
  • 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 15 ml droë gemengde kruie
  • 10 ml droë pietersielie
  • 125 ml room
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Meng die pampoen, aartappels, ui en hoenderaftreksel in ’n kastrol.
  2. Verhit tot kookpunt en laat 30 minute liggies prut tot die groente sag is.
  3. Voeg die kruie en room by en roer deur.
  4. Geur met sout en peper.
  5. Sit voor saam met knoffelrolletjies.

Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rosa ·

Baie dankie vir die heerlike resepte en die kommer rye aflaai. Sukkel my ** af om ander websites oop te kry, net vir ‘n sop resep. Maroela you rock!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.