Soorte resepte:

Suid-Afrika se melktertkampioen aangewys

Rita Schuster. Foto: Deeghuys/Facebook

Rita Schuster. Foto: Deeghuys/Facebook

Suid-Afrika se bobaasmelktertbakker is Donderdagaand tydens ʼn spogfunksie in Kaapstad aangewys.

Rita Schuster van Gauteng is as die wenner van Deeghuys se Melktertkampioen-kompetisie aangewys. Sy het gisteraand sake uitgespook met die sanger en televisieaanbieder Riaan Grobler, Gauteng se ander wenner en Liezel Olivia Hartzenberg en Martie Lamprecht, wat vroeër as die wenners in die Kaap gekies is.

Reuben Riffel, Zolan Nene, Nic van Wyk, De Wet Barry en Michael van Niekerk, stigter en direkteur van Deeghuys, het die moeilike taak gehad om die wenner aan te wys. Hulle het sowat ‘n halfuur lank geproe aan die vier finaliste se melkterte en het dit sowat ‘n uur geneem om op ‘n wenner te besluit.

Schuster se wenmelktert besorg vir haar naamregte én tantieme vir elke melktert wat by Deeghuys se winkels landwyd verkoop word. Haar melkterte sal binne die volgende twee maande in Deeghuys se winkels beskikbaar wees. Sy wen 10% se tantieme vir elke melktert wat vir ‘n jaar verkoop word. Schuster het ook met verskeie ander pryse weggestap, waaronder SMEG elektriese ware en ander geskenkpakke.

Twintig resepte is uit die inskrywings gekies waarna twee halfeindrondes, een in Kaapstad en een in Pretoria, met tien deelnemers elk op 25 Februarie gehou is. Vier finaliste, twee van Gauteng en twee van die Kaap, is gekies.

Michael van Niekerk, die stigter en direkteur van Deeghuys, sê melktert is by verre die gunsteling Suid-Afrikaanse nagereg én is boonop eg-Suid-Afrikaans.

Dié tert se deugde word jaarliks op Nasionale Melktertdag, op 27 Februarie, besing. “Die reuk en die geur van ʼn melktert is vir baie mense nostalgies. Melktert bring natuurlik ook gesinne saam in die genotvolle ervaring van bak,” sê hy.

Vir meer inligting, besoek Deeghuys se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

E.K. ·

Nou moet die wenner van Weg tydskrif en hierdie wenner teen mekaar te staan kom laat ons weet wie dra die algehele kroon!

Gerd Lourens ·

Goed ge doen Rita.

Ek sou agt ure lank aan die melkterte moes proe…

Cecil ·

Ag asb!! Geniet net die berig en stop whining!!! Is mense soos jy wat die plesier uit alles haal!

Helene ·

Baie geluk Rita, Geniet jou pryse, did voorwaar n kuns om n goeie oudtydse melktert te kan bak. Nee man Amber die resep is nie vir ons bedoel nie. Sy gaan geld daarmee verdien. Weereens geluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.