Francois se idee van gesond eet is volroom-sjokolade en gegeurde melkies. Gelukkig is Simoné daar om hom in die regte rigting te stuur.
In hierdie episode van Tips & Trix gee Simoné wenke oor gesonde kos en happies terwyl Francois kykers touwys maak oor die gewildste snitte beesvleis.
Klik hier om te sien watter bestanddele Simoné in die hawermout-happies te gebruik.
Tips & Trix is ʼn minireeks deur ATKV-Sake en akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik. Die reeks word vervaardig deur The Film Factory.
Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde! Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.
Sien Tips & Trix met Simoné en Francois se vorige video’s hier.
Jy kan maar soveel oats en flaxseed ingooi as wat jy wil, as jy chocolate chips bygooi is dit nie meer gesond nie. Sorry.
Akteurs doen wat vir hul gesê word om te doen. Kan iemand asb vir die vervaardiger se hierdie is puik akteurs. LAAT HUL ASB NATUURLIK OPTREE. Die huidige toneelspel is plastiek.
Maar waar is die video?
Dagsê Maarwa
Gaan loer gerus hier: https://youtu.be/cUy9O15FHXs as die video nie op jou toestel oopmaak nie.
Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media
Waar, waar, waar, is die video, waar is die video, die videoooooo!
Dagsê Cillie
Gaan loer gerus hier: https://youtu.be/cUy9O15FHXs as die video nie op jou toestel oopmaak nie.
Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media