Soorte resepte:

[Resep] Jacques se skelvis

Foto: Pixabay. com

My seun, Jacques, was in die lugmag en wou nooit vis eet nie. Een naweek kom hy onverwags huis toe en dié gereg was vir aandete berei. Hy het die bak leeggemaak en sedertdien moes ons dit elke keer maak as hy huis toe kom, skryf ʼn Maroela-leser, Susan Lotter.

Bestanddele:

  • 5-6 gevriesde skelvisfilette
  • 1 pakkie wit uiesop volgens aanwysings aangemaak maar gebruik net 400 ml melk. Dit moet soos dik witsous wees.
  • 1 koppie beleë Cheddar-kaas

Metode:

  1. Pak vis in oondskottel, meng kaas met sous en gooi oor gevriesde vis.
  2. Bak vir 30-45 in oond by 180 °C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. ·

My tipe resep – net drie bestanddele en daar gaat jy. Vier as jy nou melk bytel, maar steeds die tipe resep vir my!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.