Soorte resepte:

Resep: Mielie-en-tunakoekies

Foto: Lekker en Vinnig

Foto: Lekker en Vinnig

(Uit: Vinnig en maklik – Resepte uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens)

Lewer 12 koekies

Bestanddele:

  • 375 ml gaar fyngedrukte aartappels
  • 6 sprietuie, gekap
  • 340 g (2 blikkies) tuna in soutwater, gedreineer en gevlok
  • 410 g (1 blik) heelpitmielies, gedreineer
  • 45 ml varsgekapte pietersielie
  • 1 eier, geklits
  • knippie knoffelsout
  • swartpeper na smaak
  • 125 ml koekmeel
  • 1 eier, geklits
  • 250 ml droë broodkrummels
  • genoeg olie vir braai

Metode: 

  1. Meng die aartappels, sprietuie, tuna, mielies, pietersielie, eier, sout en peper goed saam.
  2. Vorm 12 koekies en druk effens plat.
  3. Bedek die koekies met meel, doop in die eier en dan in die broodkrummels.
  4. Braai in warm olie tot gaar. Plaas op kombuispapier sodat die ekstra olie geabsorbeer word.
  5. Sit louwarm saam met suurlemoenskyfies en groenslaai voor.

Bron: Lekker en Vinnig: Blikkies en Pakkies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.