Soorte resepte:

Lamsosaties met fetakaas

Lamsosaties met fetakaas Foto: Japtrap-braai

Lamsosaties met fetakaas Foto: Japtrap-braai

Genoeg vir 4

Lamsmaalvleis is veelsydig en heerlik vogtig vanweë die vleis se vetinhoud. Dit vorm ‘n wonderlike kombinasie saam met Middel-Oosterse speserye.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

Bestanddele:
500 g lamsmaalvleis
3 knoffelhuisies, fyngedruk
‘n ruim knippie kardemom
5 ml (1 t) fyn komyn
‘n 2,5 cm-stuk gemmerwortel, geskil en gerasper
7,5 ml (1½ t) brandrissiepasta
‘n klein bossie vars koljander, fyngekap
12 houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
olyfolie
4 wiele fetakaas
varsgemaalde swartpeper

Metode:
1. Meng die lamsmaalvleis, knoffel, speserye, gemmer, brandrissiepasta en koljander.
2. Maak jou hande klam en vorm 12 vleisballetjies uit die mengsel. Plaas 3 op elke sosatiestokkie. Spuit die braairooster met kleefwerende kossproei en braai die sosaties vir 10 – 15 minute in totaal – draai dit net een keer om.
3. Smeer olyfolie oor die fetakaaswiele en sprinkel swartpeper oor net voordat die sosaties klaar gebraai is. Maak die fetawiele oor die gasvlam of kole warm vir sowat 2 minute aan ‘n kant, of totdat dit net-net sag raak. Sit dit saam met die sosaties voor. ‘n Slaai van kropslaai, komkommer en tamatie gaan goed hierby.

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.