Soorte resepte:

[Resep] Brodedelle

Brodedelle

Foto: Wenresepte 2

Reline du Toit van Durbanville sê haar kroos smul behoorlik as sy hierdie sappige frikkadelle voorsit mel rys en groenertjies. Die frikkadelle smaak glad nie na maalvleis wat met brood gerek is nie.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

  • 6 snye volkoringbrood
  • 500 ml water
  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 tamatie, fyngekap
  • 30 ml blatjang
  • 15 ml worcestersous
  • 7 ml sout
  • knippie peper
  • 10 ml souspoeier

Metode:

  1. Week die brood in 250 ml van die water en druk dit met ʼn vurk fyn.
  2. Voeg die maalvleis, ui, tamatie, blatjang, worcestersous, sout en peper by en meng liggies met ʼn groot vurk.
  3. Maak groterige frikkadelle van die mengsel en plaas in ʼn vlak oondvaste bak met ʼn volume van sowat 2,5 liter.
  4. Meng die oorblywende 250 ml water en die souspoeier en giet dit oor die frikkadelle.
  5. Bak die frikkadelle vir 1 uur lank op die middelste oondrak by 180’C (350 ‘F). (Die oond hoef nie vooraf verhit te word nie.)

Bron: Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

elizabeth ·

Anette Human se Wenresepte was en is die beste kookboeke om te besit.
Enige resep uit haar boeke is n wenner.

Jenny Thom ·

Lekker sousresep
1 Pakkie Bruin uiesop
1 Pakkie Wit uiesop
1 Pakkie Sampioensop
1 klein Bisto
Meng alles en gebruik soos nodig wanneer jy ‘n heerlik sous wil maak

Ben ·

Waarom kan ek op my huisrekenaar en my vrou by haar werksrekenaar, nie “Highlight, Cut of Copy, of Print” nie? Dit werk op alle “Websites”, maar net nie op Maroels s’n nie. Al wat werk is afskryf in vryehand met pen of potlood.

Martin ·

Gebruik die sniping tool van windows of druk PRINT SCREEN en dan paste in word.

Amanda ·

Ek het hierdie resep gisteraand gemaak. My aarde was dit nou nie uit die boeke uit nie. Lekkerste frikkadelle wat ek in n lang tyd geëet het. n Wenner verseker. Kapokaartappels en ertjies saam met dit gemaak. Heerlik verby.

Landi Slatter ·

Dagsê Lana

Jammer vir die ongerief. Maak gerus die webwerf oop op jou rekenaar en probeer die volgende;
(Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het)
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.
Groetnis
Landi
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.