Lewer 4 porsies
Bestanddele:
- 8 hoenderboudjies
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- bietjie olie
- 2 uie, in ringe gesny
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 250 ml water
- 10 ml gekapte vars pietersielie
- 1-2 heel brandrissie(s)
- 125 g (½ pak) dadels, grofgekap
- 100 g (1 pak) gepelde amandels
- 60 ml heuning
- 60 ml blatjang
Metode:
- Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olie in ʼn kastrol en braai die hoender tot goudbruin. Skep die hoender uit.
- Soteer die uie en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die water by en skep die hoender terug in die kastrol.
- Voeg die pietersielie, brandrissie(s) en dadels by en plaas ʼn deksel op. Laat prut stadig vir 20 minute. Moenie te veel roer nie.
- Haal die deksel af en laat die helfte van die vloeistof in die kastrol wegkook. Verwyder die heel brandrissie(s).
- Voeg die amandels, heuning en blatjang by, roer liggies.
- Verhit net tot deurwarm. Sit met rys en groente voor.
Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 2, Vrouekeur