Sit dit voor met skulpnoedels, rys, koeskoes of gort en slaai, of gestoomde groen groente soos broccoli, Brusselse spruite of groenertjies.
Bestanddele:
- 500 g hoenderfilette, in repies gesny
- 50 ml Worcestersous
- 50 ml bruinsuiker
- 100 ml muskadel- of soetwyn
- 25 ml kanola- of olyfolie
- 4 groot bruin sampioene, in skywe gesny (250 g)
- 1,25-2,5 ml gemaalde kaneel
- 50 ml perskeblatjang
- 25 ml gekapte vars pietersielie
Metode:
- Plaas die hoenderrepies in ʼn glasbak. Voeg die Worcestersous, bruinsuiker, wyn en 5 ml olie by en meng. Verkoel en marineer dit 30 minute lank.
- Verhit 5 tot 10 ml olie in ʼn groot braaipan. Dreineer die hoenderrepies en roerbraai die vleis in twee sarsies totdat dit verkleur. Hou dit eenkant warm.
- Verhit die oorblywende olie in dieselfde braaipan en roerbraai die sampioenskywe tot gaar maar steeds sappig. Skep dit uit en hou dit warm.
- Gooi die gedreineerde marinade, kaneel en blatjang in die braaipan en verhit tot kookpunt. Voeg die hoender en sampioene by en verhit tot stomend warm. Strooi die gekapte pietersielie oor.
- Sit dit voor met skulpnoedels, rys, koeskoes of gort en slaai, of gestoomde groen groente soos broccoli, Brusselse spruite of groenertjies.
Bron: Lekker en Gesond
Uitgewer: Lapa
Heerlik
Ek het vanaand die gereg gemaak. Iets kom kort in die resep..Ek dink dit is bietjie te soet, moet sout inkry
Ek sal dit nie weer maak nie..