Nie almal is ewe gaande oor die idee van beestong nie, maar as jy dit op die regte manier gaarmaak sal jou gaste hulle vingers aflek.
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- 45 ml botter
- 45 ml koekmeel
- 300 ml beesvleisaftreksel
- 15 ml aangemaakte mosterd
- 125 ml brandewyn
- 100 g rosyne, oornag geweek in die brandewyn
- 125 ml room, tot sagte punte geklits
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 gaar beestong, in skywe gesny
Metode:
- Smelt die botter oor lae hitte in ʼn kastrol en roer die meel by. Roer die aftreksel geleidelik by sodat geen klonte vorm nie en laat prut die sous vir ʼn paar minute.
- Roer die mosterd, brandewyn en rosyne by. Vou die room versigtig in en geur na smaak.
- Rangskik die warm tong in lae in ʼn oondbak en giet die sous oor, of sit die sous apart voor. Die gereg kan met foelie bedek en teen ʼn lae hitte in die oond warm gemaak word.
Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa
Lekkerrr… En daar is nog genoeg brandewyn oor vir een of twee sopies…
Beestong op warm brood met botter gesmeer, met kaas, avo en mosterd. What’s not to like?