Soorte resepte:

Resep: Heerlike biltongsouttert

Souttert

Heerlike biltongsouttert. (Foto: Lekker & Vinnig/Lapa Uitgewers)

Hierdie gereg klink so reg in ons kraal!

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 200 g (1 pak) Beef Biltong Kips
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute
  • 100 g botter, gesmelt

Vulsel

  • 1 fetakaassirkel, gekrummel
  • 125 ml koekmeel
  • 250 ml verpoeierde biltong
  • 1 ml knoffelsout
  • knippie swartpeper
  • 500 g (2 bakkies) laevetroomkaas
  • 250 ml suurroom
  • 60 ml mayonnaise
  • 2 grasuie, fyngekap
  • 4 ekstragroot eiers, geklits

Metode:

Voorverhit die oond tot 160 ˚c.

Kors

  1. Kap die soutbeskuitjies en pekanneute in ’n voedselverwerker fyn.
  2. Voeg die botter by en meng. Druk die mengsel op die bodem van ’n 22 cm-losboomkoekpan vas.

Vulsel

  1. Meng die fetakaas, meel, biltong, knoffelsout en swartpeper goed.
  2. Meng die roomkaas, suurroom, mayonnaise, grasuie en eiers goed.
  3. Meng die biltongmengsel met die roomkaasmengsel en skep dit in die kors.
  4. Bak dit ’n uur lank of tot net gestol in middel.
  5. Laat dit in die pan afkoel. Wikkel die pan los en sit die tert by kamertemperatuur voor.

Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.