ʼn Mens kan mos nooit verkeerd gaan met ʼn heerlike sampioengereg nie. Sit dit voor as ʼn voorgereg saam met tuisgebakte volgraanbrood of bedien dit as ʼn bykos.
Bestanddele:
- 15 groot sampioene
- 75 g botter
- 15 ml kookolie
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 100 ml gekapte pietersielie
- 15 ml suurlemoensap
- 5 ml sout
- 2 ml varsgemaalde swartpeper
Metode:
- Breek die stammetjies versigtig af en vee die sampioendoppies skoon met papierhandoek.
- Plaas met die hol kant na bo in ʼn vuurvaste oondskottel.
- Verhit botter en kookolie en voeg res van die bestanddele by.
- Giet die mengsel oor die sampioene.
- Bak 12 – 15 minute in die oond by 160 °C. Geniet dit as voorgereg saam met tuisgebakte volgraanbrood of saam met hoofgereg.
Resep deur Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636