Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Tennis

Kom ons loer na die jongste nuus by die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne:

(9) Rafael Nadal (Spa) bt Florian Mayer (Dui) 6-3 6-4 6-4

(6) Gael Monfils (Fra) bt Jiri Vesely (Cze) 6-2 6-3 6-2

(5) Kei Nishikori (Jpn) bt Jeremy Chardy (Fra) 6-3 6-4 6-3

(3) Agnieszka Radwanska (Pol) bt Tsvetana Pironkova (Bul) 6-1 4-6 6-1

Beide tweede gekeurde spelers, Novak Djokovic en Serena Williams, het in skoon stelle geseëvier teen onderskeidelik Fernando Verdasco en Belinda Bencic.

Vandag is die eerste gekeurde spelers, Andy Murray en Angelique Kerber, ook in die tweede rondte in aksie.

Davisbeker Tennis

Tennis SA het sy sterkste moontlike span gekies vir sy Davisbeker-kragmeting teen Estland van 3 tot 5 Februarie by die Irene-Buiteklub. Dit sluit SA se top speler in die wêreld, Raven Klaasen, in. Hy is tans die 13de beste speler op die dubbelspelranglys. Die res van die span bestaan uit Lloyd Harris, Nik Scholtz, Tucker Vorster en Ruan Roelofse.

Gholf

Die week se aksie in die Europese Reeks is in Abu Dhabi, waar die Ope  Kampioenskap gespeel word.

In Amerika val die kollig op die CareerBuilder Uitdaging in La Quinta, Californië.

Vrouegholf

Die SA Meesters begin Donderdag en word by die Rondebosch-golfklub in Kaapstad gespeel.

Krieket

Die Protea-kaptein, AB de Villiers, het ten sterkste ontken dat hy die rug gaan keer op enige van die drie formate in krieket. De Villiers het lank met ‘n besering gesukkel en sal ook die toetsreeks teen Nieu-Seeland in Maart misloop. Hy behoort egter reg te wees vir die derde T20-wedstryd teen Sri Lanka, asook die vyf eendagkragmetings.

Internasionale Krieket

Die derde eendagwedstryd tussen Australië en Pakistan word vandag in Perth gespeel en in Cuttack vind die tweede eendagwedstryd tussen Indië en Engeland plaas.

Sunfoil-krieketreeks

Een van die wedstryde begin more, wanneer die Dolphins en Lions kragte meet in Pietermaritzburg.

Vrouekrieket

Die Proteas-span speel vandag in hul vierde eendagwedstryd teen Bangladesh. Die Proteas is met 2-1 voor in die reeks van vyf wedstryde.

Sewesrugby

Die Blitsbok-span, wat Saterdag na Wellington vertrek vir die derde been van die Wêreldsewesreeks, word vandag bekend gemaak. Die span sal ook in die vierde been van die reeks in Sydney in aksie wees.

Ses Nasies Rugby

Die slot Alun Wyn Jones is as Wallis se nuwe kaptein aangewys vir die Ses Nasies-reeks. Hy neem die leisels by die flank Sam Warburton oor, wat vir 6 jaar die kaptein was.

Sokker

Verskeie FA beker-wedstryde is gisteraand in Engeland gespeel.

Barnsley1 – 2Blackpool
AFC Wimbledon1 – 3Sutton United
Crystal Palace2 – 1Bolton
Lincoln City1 – 0Ipswich Town

In die Afconbeker is twee wedstryde gister afgehandel.

Mali0 – 0Egipte
Ghana1 – 0Uganda

Vandag speel Gaboen teen Burkina Faso en Kameroen teen Guinea-Bissau.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.