Die byeenkomste sal die land se voorste atlete wat oorsee aan ʼn magdom byeenkomste en atletieknommers deelneem in hul voorbereiding help.
Die eerste byeenkoms in die elite-reeks word op 28 Februarie in Durban gehou. Daarna volg Bloemfontein (8 Maart), Potchefstroom (15 Maart) en Germiston (22 Maart).
Dit sal onder meer ook help om atlete voor te berei vir al die internasionale byeenkomste waaraan Suid-Afrika se elite-atlete vanjaar sal deelneem.
Dit sluit in die Wêreldaflos in die Bahamas (22-23 April); die Afrika- junior kampioenskap in Tlecem in Noordwes-Nigerië (12-15 Mei); die Afrika-jeugkampioenskap in Bata; Ekwitoriaal-Guinee (29 Junie tot 2 Julie); die Wêreld-jeugkampioenskap in Nairobi; (12-16 Julie); die Statebond-jeugkampioenskap in die Bahamas (19-23 Julie); en die IAAF se Wêreldkampioenskap in Londen (4-13 Augustus).
Daar is geld hiervoor maar nie vir…. skole en hospitale en paaie en damme en droogtehulp en pensioene en veiligheid en teen korrupsie en en en en nie…
Daar is geld hiervoor maar nie vir…. skole en hospitale en paaie en damme en droogtehulp en pensioene en veiligheid en teen korrupsie en en en en nie…
Atlete word afgeskeep in die land. Veral as jy hoor wat rugbyspelers kry. En dit is baie meer harde werk. Harde werk vir enige kleur. N skoon sport met geen voordele in DIE land.