Spanje se Garbiñe Muguruza het vandag korte mette met Venus Williams gemaak en die Wimbledon-vrouetitel losgeslaan.
Dié 23-jarige, wat 2015 se Wimbledon-finaal teen Venus se jonger suster, Serena, verloor het, het 7-5, 6-0 gewen.
Dit is Muguruza se eerste Wimbledon-titel.
Sy is die eerste Spanjaard wat die vrouetrofee omhoog hou sedert Conchita Martínez die titel 23 jaar gelede gewen het.
Sy het die toernooi as die 15de gekeurde begin, maar sal nou na die vyfde posisie opskuif.
Baie geluk aan die mooi meisiekind!! Sy verdien dit en wens haar net di e beste toe vir die toekoms!
MOOI! WELGEDAAN!!
Veels geluk. Hoog tyd dat die jong spelers deurkom en die oues met pensioen gaan. Ons is lankal moeg van die Williams susters.
Net so Koos, Net so!
Dit was ‘n baie spannende 1ste stel en ‘n verrassend vinnige 2de stel!
Veels geluk Garbienne! Jy sal voorbeeld vir baie jong dames!
Venus, geluk met jou ware sportmanskap! Jy het met grasie die knie gebuig en jouself soos ‘n dame gedra!
Beide dames ‘n voorbeeld van goeie gedrag en voorbeeld van hoe dit gedoen moet word!