UJ verras, maar halfeind buite bereik

Argieffoto

Argieffoto

Varsitynetbal se sesde ronde het Maandag vir ʼn groot verrassing gesorg toe UJ die Kovsies vir die eerste keer geklop het, terwyl die ander drie wedstryde al drie wegholoorwinnings was.

Die oorwinning, met net een wedstryd wat vir elk van die spanne voorlê, sal egter nie goed genoeg wees om UJ na die halfeindronde te help nie, selfs al sou hulle vir die grootste verrassing sorg en die voorloper, die Maties, klop.

Maandag se UJ-Kovsies-kragmeting was ʼn taai stryd en ná die eerste kwart was die telling gelyk, 13 doele elk. Aan die einde van die tweede kwart was die twee spanne steeds kop aan kop (26-26).

In die derde kwart het Kovsies ʼn voorsprong van twee doele behaal net om in die finale kwart terug te sak en die wedstryd 52-59 te verloor. Die wedstryd is in die Rembrandtsaal van UP Tuks gespeel.

♦  Die ander drie wedstryde was almal wegholoorwinnings. Die onoorwonne Tuks het voor hulle entoesiastiese tuisskare die Madibaz 64-39 in die Rembrandtsaal geklop.

Die Madibaz het positief gespeel en die Pretorianers vir die eerste helfte in toom gehou, maar in die derde kwart het Tuks reeds ʼn voorsprong van tien doele opgebou. Tuks se kaptein, Shadine van der Merwe, is as speler van die wedstryd aangewys.

♦ Aan die einde van die eerste kwart was die Maties reeds 23-6 voor teen VUT. Maties het die wedstryd teen die onderste span op die puntelys aangewend om van hulle jonger spelers in te span en tegniese probleme uit te stryk.

VUT se meisies het moedig teruggeveg en in die derde kwart ʼn hele paar doele aangeteken. Die eindtelling was 75-29 en Nokwanda Khumalo (VUT) is as speler van die wedstryd aangewys.

♦  Die Pukke het hulle wedstryd teen die Ikeys met ʼn verbete aanslag begin en aan die einde van die eerste kwart was die Potch-meisies reeds 21-6 voor. Die tweede kwart was ʼn blitskrieg en die Ikeys kon slegs een doel by hulle telling voeg. Ná twee kwarte was die telling 43-7.

Die verskil in die spanne se standaard in die liga was weer opvallend. Die eindtelling was 80-17 en Pukke se Marna Claassens is as speler van die wedstryd aangewys.

Die puntestand ná ses wedstryde –

(gespeel, gewen, gelykop, verloor, doele vir en teen, bonuspunte, totaal)

          
1UP Tuks6600112631
2NWU Puk6501209525
3Maties640299420
4UVS Kovsies630358517
5Madibaz630319315
6UJ6204-52412
7UCT Ikeys6105-18315
8VUT6006-26200

 
* Van die inligting verkry van die webwerf varsitysportssa.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiepie ·

Wie is nou eintlik die voorlopers in die reeks? Want volgens die berig speel UJ hul volgende wedstryd teen die “voorlopers, die Maties” maar volgens die tabel loop Tuks voor? En teen wie speel UJ dan in hulle volgende wedstryd, teen Maties of teen die voorlopers (Tuks)?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.