Presidentebeker: dis vyf uit vyf vir Oosthuizen en Grace

Louis Oosthuizen en Branden Grace van Suid-Afrika het Donderdag op die openingsdag van die Presidentebeker-toernooi in Jersey City in die VSA hulle vyfde opeenvolgende oorwinning behaal.

Die twee Suid-Afrikaners het met die vorige toernooi, in 2015, die eerste paar geword wat vier uit vier oorwinnings in ʼn toernooi kon behaal en het Donderdag bestendig gespeel en mekaar goed aangevul.

Donderdag was dit Brooks Koepka en Daniel Berger wat in die beurtspel met 3&1 slae teen hulle gekry het.

Dit was die internasionale span se enigste oorwinning in die eerste vyf wedstryde, met ʼn verbroude sethou van Phil Mickelson op die laaste putjie wat darem aan die Internasionale span nog ʼn halwe punt besorg het om die telling 3½ -1½ te maak.

Dit is die sesde agtereenvolgende toernooi waarin die Internasionale span ná hierdie eerste reeks wedstryde agter was.

Jersey City, waar die toernooi gespeel word, lê letterlik net oorkant die Hudsonrivier van New York af, en Charles Schwartzel van Suid-Afrika en Japan se Hideki Matsuyama het eerste afgeslaan op ʼn dag wat die wind oor die oopte van die rivier geruk en met rukke 40 km per uur gewaai het.

Die spelers moes feitlik deurgaans wag vir die wind om effens stiller te ruk voordat hulle ʼn hou kon speel.

Meer bestendige spel en veral beter setwerk van hulle teenstanders Ricky Fowler en Justin Thomas, het die VSA se span hierdie eerste wedstryd teen Schwartzel-hulle met 6 en 4 laat wen. Fowler-hulle het vyf van die eerste putjies gewen.

Donderdag se uitslae  –

Rickey Fowler/Justin Thomas (VSA) klop Charles Scwartzel/Hideki Matsuyama 6&4
Patric Reed/Jordan Reed (VSA) klop Emiliano Grillo/Si Woo Kim 5&4
Dustin Johnson/Matt Kuchner (VSA) klop Adam Scott/Jhonattan Vegas 1 voor
Louis Oosthuizen/Branden Grace klop Brooks Koepka/Daniel Berger (VSA) 3&1
Marc Leishmann/Jason Day speel gelykop teen Phil Mickelson/Kevin Kisner.

Vrydag kom die eerste beterbal-wedstryd tussen die vyf pare van die VSA en Internasionale span, wat Donderdag na die beurtspel aangewys is,  aan die beurt.

Die afslaantye is (SA tyd) –

17:35 – Jordan Spieth/Patrick Reed (VSA) vs Hideki Matsuyama/Adam Hadwin (JPN/KAN)
17:50 – Rickie Fowler/Justin Thomas (VSA) vs Louis Oosthuizen/Branden Grace (RSA)
18:05 – Phil Mickelson/Kevin Kisner (VSA) vs Jason Day/Marc Leishman (AUS)
18:20 – Kevin Chappell/Charley Hoffman (VSA) vs Charl Schwartzel/Anirban Lahiri (RSA/IND)
18:35 – Dustin Johnson/Brooks Koepka (VSA) v Adam Scott/Jhonattan Vegas (AUS/VEN)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.