Presidentebeker: SA se drietal blink op laaste dag

Die Internasionale span het Sondag, op die laaste dag, vir die eerste keer mededingend in die Presidentebeker-toernooi gelyk – en die drie Suid-Afrikaners in die span se bydrae was nie gering nie.

Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen en Branden Grace het Sondag vir 2½ punte van hulle span se 7½ punte in die enkelspelwedstryde gesorg.

Nadat die Internasionale span  die vierde dag net 3½ punte uit 18 gehad het en die vernedering van ʼn rekordtelling hulle in die gesig gestaar het, het hulle Sondag vier van die 12 enkelspelle gewen en ook drie wedstryde gedeel om hulle toernooitelling tot 11 te neem en 11-19 te verloor.

Schwartzel, wat op die eerste drie dae gesukkel het, het Sondag met ʼn vaart uit die  blokke gekom en was vroeg 4-voor teen Matt Kuchar. Hy moes teen die einde hard baklei, maar het nietemin met 1-voor gewen.

Louis Oosthuizen het sy wedstryd teen Patrick Reed ook met 1-voor gewen en Branden Grace moes hard werk om sy wedstryd teen Dustin Johnson te red en met ʼn halwe punt uit die kragmeting te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.