Alberton span meestal nuwes in, wysig spelstyl`

albertonSlegs `n handjievol van die spelers wat verlede jaar vir Alberton gespeel het, draf Saterdag in die klub se eerste vriendskaplike wedstryd van die seisoen teen Wes-Rand Harlequins uit.

Só laat weet Rory Lategan, `n woordvoerder van die klub.

Hy voeg by dat die vriendskaplike wedstryde as proewe dien, en dat A Square Forklift Alberton se afrigter, Wayne Williams, ook `n eenvoudiger spelstyl by die klub ingestel het. Daar sal ook sterk op die teenstanders se foute gekonsentreer word.

Wat Saterdag se span betref, behou Henry Payne en Thorn Khumalo hul plekke op heelagter en linkervleuel, met die opwindende 18-jarige Caltino Jones wat die agterste driehoek voltooi.

Brian Thysse en die medekaptein, die groot Rudolf Prinsloo, vorm die senterpaar en verlede jaar se o.20-skakelpaar sal rigting aan die spel moet gee.

Lategan se veel word van die opwindende agterlyn met sy gesonde mengsel van jeug en ervaring verwag.

Op slot is Brian Sola terug op sy pos met `n nuwe slotmaat, Jonathan Swart, wat oor die 50 Pirates-grootuitdaagwedstryde agter die blad het.

Quinten du Plessis, skuif agsteman toe, waar sy vaart en brute krag die spesialis-baljagter Rudolf Theron en KES-oudleerling Jason Gradidge sal aanvul.

Die ander medekaptein, BB Hefer, sak op haker met die uiters Rahul Maharaj en Benna Lottery aan weerskante.

Lategan sê daar word ook groot dinge van die impakspelers van die bank af verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.