BBRU-liga: kampioen begin 2de ronde op voorvoet

Die verdedigende kampioen in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carlton-B-liga het die tweede ronde van die reeks op sy voorvoet begin.

Neels van Heerden, die voorsitter van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se rugbyklub, berig dat die klub se eerste span Saterdag een van sy sterkste uitdagers, Tuine se Grizzlies, met 34-3 oorrompel het.

Tuine II het egter met 36-19 teen TUT II gewen, en Tuine III met 56-0 teen TUT III.

Die studente se eerste span, wat vanjaar nog net een keer in die reeks verloor het, is boaan die punteleer – agt punte voor Korrektiewe Dienste (KD), wat ʼn wedstryd minder gespeel het.

TUT II is tweede ná KD (insgelyks met ʼn wedstryd meer gespeel).

Dit gaan egter minder goed met TUT III, eintlik die Sefako Makgatho-universiteit vir Mediese Wetenskap (vroeër Medunsa), wat kragtens ʼn samewerkingsooreenkoms tussen die klubs onder TUT se vaandel deelneem. Hy is tans tweede laaste van die agt spanne in sy afdeling.

Opgesomde punteleer –

Carlton-B-liga

Eerste spanne

TUT 43, KD 35, Tuine 32, Hartbeespoortdam 30, Baviaanspoort 26, Eersterust 17, Brits 14, Cullinan 4, Silver Valke 2.

Tweede spanne

KD 41, TUT 40, Tuine 38, Baviaanspoort 23, Hartbeespoortdam 22, Brits 13, Cullinan 10, Eersterust 10, Silver Valke 1.

Derde spanne

Cullinan 31, Tuine 30, KD 25, Hartbeespoortdam 23, Baviaanspoort 20, Brits 18, TUT 8, Silver Valke 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.