BBRU-liga: kampioen nie maklik onttroon

Centurion se puntemakers teen die Tukkies: JP du Plessis, Christiaan Burger, Steven Moir; Wessel Redelinghuys en Albert Bakker. (Foto: Johanna de Vos)

Met die rondomtalie van die Carlton-A-liga wat end se kant toe staan, is dit duidelik dat die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se kampioen, Centurion, nie maklik sy kroon sal afstaan nie.

In die afgelope weekronde het hy die Varsitybekerhouer, die Tukkies, gerieflik met 44-20 verslaan om sy plek boaan die punteleer te verstewig (rustyd 23-10).

Die Goue Bekerkampioen, Rustenburg Impala, het die Dragons van Pretoria-Noord met 54-3 opgedreun (rustyd 39-3): en Quins-Bobbies-rugby (QBR) van Groenkloof het met 39-27 teen die Moot se Naka Bulle gewen (rustyd 19-13).

Johann Riekert, die spanbestuurder van die Naka Bulle, laat weet Dirk Dippenaar (buitesenter), Frans Botha (binnesenter) en Fanie Raseroka (linkervleuel) het sy span se drieë gedruk. Anton Beswick (losskakel) het 12 punte behaal deur met drie doelskoppe en twee strafdoele te slaag.

Vir QBR het Emille Keyser (slot), Jacques Erasmus (regtervleuel), Michael Nienaber (linkervleuel) en Juan Nel die Naka-doellyn oorgesteek. Lourens Boddington (losskakel) het 16 met twee doelskoppe en vier strafdoele behaal, en Morné Hugo (buitesenter) het vir ʼn strafdoel gesorg.

Ander uitslae –

Tweede spanne

Naka 24, QBR 19; Fezelas (UP) 28, Centurion 5; Impala 66, Dragons 26.

Derde spanne

QBR 25, Naka 3; Centurion 30, Pumas (UP) 5; Impala 43, Dragons 36.

Onder 21-spanne

Dragons 50, QBR 17; Naka 20, Tuks-jongspan 15; Dragons 50, QBR 17.

Onder 20-spanne

QBR 19, Dragons 15; Naka 20, Tukkies 20; Centurion 61, TUT 6; Tuine 32, Impala 29.

Carlton-B-liga

♦ Die verdedigende kampioen, die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, se eerste twee spanne loop voor in hul afdelings nadat hulle in hul jongste kragmetings Saterdag met Hartbeespoort afgereken het.

Neels van Heerden, die studenteklub se voorsitter, laat weet TUT I het met 59-17 oorheers en TUT II het met 24-7 gewen.

Zavien Klaasen (2), Mpho Kganakga, Lisa Banzi, Lewies van Deventer, Tshepo Nyathi, Arno Brits (2) en Thabang Kibe het die eerste span se drieë gedruk.

Shawn Jaards (2), Viagian Groenewald, Van Deventer en Sandile Sibanda (2) het met doelskoppe geslaag.

Ander Carlton-B-uitslae

Eerste spanne

Brits 48, Silver Valke 10; Tuine 18, Baviaanspoort 12; Korrektiewe Dienste 47, Eersterust 10.

Tweede spanne

Brits 36, Silver Valke 7; Tuine 15, Baviaanspoort 13; KD 101, Eersterust 7.

Derde spanne

Brits 73, Silver Valke 0; Tuine 28, Baviaanspoort 0.

Carlton-C-uitslae

Eerste spanne

Bronkhorstspruit 19, Noord 0.

Tweede spanne

Bronkhorstspruit 22, Noord 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.