Boland verander min vir OP Kings

Boland het min verander aan sy span wat die SWD Arende verniel het vir Saterdag se deurslaggewende kragmeting in die Supersportreeks teen die OP Kings op Bredasdorp.

In die opdrafspan is slegs die slot Rinus Bothma deur Yves Bashiya vervang.

Bashiya se plek op die bank word deur Kenan Cronjé gevul, en die veteraanvleuel Danwel Demas is ná herstel van sy kniebesering op die bank gekies in die plek van Alcino Izaacs.

Boland moet die OP klop en ʼn bonuspunt verdien om die kwarteindronde van die reeks te haal.

Die span –

15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Gerrit van Wyk, 12. Edwin Sass, 11. Sergio Torrens, 10. Elgar Watts, 9. Vian van der Watt, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Wayne Wilschut, 5. Yves Bashiya, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Linda Thwala, 18. Kenan Cronje, 19. McMillan Muller, 20. Jovelian de Koker, 21. Adriaan Carelse, 22. Danwel Demas

Die program –

11:30 Hoërskool Albert Myburgh teen Hoërskool Bredasdorp
13:00 Standards II teen Botrivier II
15:00 Boland Kavaliers teen OP Kings
16:45 Standards I vs Botrivier I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.