Buurstryd die keur in die pylvak na uitspeelplekke

Wandisile Simelane (foto), buitesenter van Wits, se tweestryd met Aphiwe Dyanti van die UJ kan Maandagaand se hoogtepunt wees. (Foto: Saspa)

Wandisile Simelane (foto), buitesenter van Wits, se tweestryd met Aphiwe Dyanti van die UJ kan Maandagaand se hoogtepunt wees. (Foto: Saspa)

Twee Johannesburgse universiteite, albei met ’n oog op die die uitspeelronde, is die keur van Maandag se wedstryde, terwyl ’n Bloemfonteinse universiteit moet wen om hulle kanse lewendig te hou.

Twee Johannesburgse spanne, een waarskynlike plek

Maandag se stryd tussen Wits en die UJ in die UJ-stadion is meer as net ’n stryd tussen twee buuruniversiteite.

Dit is ook die stryd om ’n plek in die halfeindronde te verseker. UJ bevind hulle in die derde plek op die punteleer met vier oorwinnings na ses wedstryde. Na Wits kom hulle aanstaande week teen die Maties in Stellenbosch te staan.

Die Wits het na hul oorwinning twee weke gelede teen die Pukke ook verlede week die Madibaz ore aangesit en bevind hulle in die sesde plek op die punteleer met drie oorwinnings na ses wedstryde. Hulle laaste wedstryd is teen die Ikeys in Johannesburg, wat straks ’n makliker uitdaging as UJ se besoek aan die Eikestad is.

Val UJ dus Maandag teen Wits en aanstaande week teen die Maties vas, is hulle Varsitybeker-seisoen daarmee heen.

Slaag Wits daarin om UJ en aanstaande week die Ikeys te klop en ook bonuspunte in te oes, sal hulle hul na alle waarskynlikheid in die halfeindronde bevind.

Met dié dat ’n neerlaag Maandag ’n span se einde kan beteken om die uitspeelrondes te haal, kan verwag word dat spanne hul beste sal uitstal.

Wits het ’n klomp brekers voorlangs soos die flank Constant Beckerling en die slotte Rhyno Herbst en Graham Logan.

Met die losskakel Warren Gilbert terug in die beginspan en die jong sterre soos Gianni Lombard op heelagter en Wandisile Simelane op senter kan die Witsies die knoop deurhak.

Maar die UJ het hulle vier laaste kragmetings op ’n streep gewen. Die manier waarop hulle verlede week die Ikeys in winderige omstandighede geklop het, voorspel gevaar vir Wits.

Hulle flank Wian Conradie deins vir niks terug nie en in die losskakel Divan Nel het hulle nie net iemand met ’n betroubare skopvoet nie, maar ook iemand met ’n rustige kop op sy lyf, iets wat in drukkoker-omstandighede soos Maandagaand noodsaaklik sal wees.

Die hoogtepunt gaan waarskynlik die tweestryd tussen die twee buitesenters, Wits se Simelane en die UJ se Aphiwe Dyanti, wees. Beide het vanjaar verdedigers laat bontstaan.

Spanne –

UJ: 15. Ewan Adams, 14. Dean Brown,13. Aphiwe Dyanti, 12. Jaco Fourie, 11. Godfrey Ramaboea, 10. Divan Nel, 9. Johan Esterhuizen, 8. Jo-Hanco de Villiers, 7. Wian Conradie, 6. Gavin Delport, 5. Adrian Bester, 4. Kevin du Randt, 3. Nico du Plessis, 2. Johannes Snyman (kapt.), 1. Waldo Weideman. Bank: 16. Le Roux Baard, 17. Kyle Kruger, 18. Chergin Fillies, 19. Reinhard Nothnagel, 20. Devon Maré, 21. Carlisle Jordaan, 22. Peter-John Walters, Leon Massyn.
Wits: 15. Gianni Lombard, 14. Kwanele Ngema 13. Wandisile Simelane, 12. Brendan Hewitt, 11.Luxolo Ntsepe, 10. Warren Gilbert (kapt.), 9. Ruan Cloete, 8. Constant Beckerling, 7. Conor-Terrah Brocksmidt, 6. Ruan McDonald, 5. Rhyno Herbst, 4. Graham Logan, 3. Luvuyo Pupuma, 2. CJ Conradie, 1. CJ Greeff. Bank: 16. Justin Brandon, 17. Brandon Palmer, 18. Pascal Snyman, 19. Jethro de Lange, 20. Tyrone Green, 21. Manuel Rass, 22. Joshua Jarvis, 23. Ameer Williams.

Afskop: 16:45 (Regstreeks op SuperSport.)

Tuks sal voorsprong wil verstewig

Tuks kom Maandagaand op die LC de Villiers-sportterrein in Pretoria teen die Ikeys te staan.

Die Kapenaars se kans om die uitspeelronde te haal is daarmee heen, maar hulle sal wil wys dat die punteleer nie ’n ware beeld van hulle vermoëns is nie.

Tuks bevind hulle boaan die punteleer en sal wil vasklou daaraan om die moontlikheid van ’n tuiseindstryd lewendig te hou.

Spanne –

Tuks: 15. Divan Rossouw, 14. Dewald Naude, 13. Toko Maebane, 12. Impi Visser, 11. Sibahle Maxwane, 10. Tinus de Beer, 9. Rian Warner, 8. Clyde Davids, 7. Chris Massyn (kapt.), 6. Eduan Lubbe, 5. Aston Fortuin, 4. Brian Leitch, 3. Neethling Fouche, 2. Corniel Els, 1. Andrew Beerwinkel. Bank: 16. Jan-Henning Campher, 17. Jaco Holtzhausen, 18. Marius Verwey, 19. Juan-Re Swanepoel, 20. Embrose Papier, 21. Keanan van Wyk, 22. Joshua Stander, 23. Cornelius Steenekamp.
Ikeys: 15. Lohan Lubbe, 14. Rayno Mapoe, 13. Joel Smith, 12. Rico Lategan, 11. Sebastian Roodt, 10. Rob Anderson, 9. Stefano de Gouiveia, 8. Nyasha Tarusenga, 7. Kuyenzeka Xaba, 6. Jason Klaasen (kapt.), 5. Gary Porter, 4. Duncan Saffy, 3. Michael Kumbirai, 2. Cuan Hablutzel, 1. Wayrin Losper. Bank: 16. Martin Chandeler, 17. William Day, 18. Lee-Marvin Mazebuko, 19. Alva Sendryani, 20. Sanele Malwane, 21. Msizi Zondi, 22. Mike Henning, 23. Gerard Pieterse.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport.)

Shimlas sal moet opstaan

Na twee verpletterende neerlae die afgelope weke teen Tuks en die Maties, is die Shimlas skielik nie meer so seker van ’n plek in die uitspeelrondes nie.

Wanneer hulle dus Maandagaand in hulle laaste rondomtalie-wedstryd van die reeks teen die Madibaz in Bloemfontein te staan kom, is ’n bonuspuntoorwinning ononderhandelbaar. En dan is hulle steeds aan die ander spanne se genade uitgelewer.

Die Madibaz is egter nie ’n maklike teenstander nie, hulle het verlede keer Wits laat spook om hulle onder te kry, soos ook vroeër in  ie reeks teen van die ander spanne.

Die slot Nicolaas Immelman sal die Bloemfonteiners aanvoer.

Spanne –

Shimlas: 15. Sechaba Motsoele, 14. Gladman Maqina, 13. Carel-Jan Coetzee, 12. Lihleli Xooli, 11. Marco Mason, 10. Charl Naudé, 9. Armand Pretorius, 8. Bernardus Erasmus, 7. Phumzile Maqondwana, 6. Benjamin Jansen van Vuuren, 5. Nicolaas Immelman (kapt.), 4. Niel Claassen, 3. Ruan Kramer, 2. Anrich Alberts, 1. Johan Kotze. Bank: 16. Albrecht Steyn, 17. Kwenzokuhle Blose, 18. Thabisdo Msiza, 19. Raymond Woest, 20. Musa Mahlasela, 21. Dian Badenhorst, 22. Henco Posthumus, 23. Wilhelm Kotzenburg.
Madibaz: 15. Lindelwe Zungu, 14. Athenkosi Mayinje, 13. Ivan-John du Preez, 12. Andile Jho, 11. Jixie Molapo, 10. Thomas Kean, 9. Lovu Claasen, 8. Kevin Kaba (kapt.), 7. Justin Hollis, 6. Brandon Brown, 5. Gerrit Huisamen, 4. Wynand Grassmann, 3. Nicolaas Oosthuizen, 2. JP Jamieson, 1. Xandre Vos. Bank: 16. Jedwyn Harty, 17. Zizi Yase, 18. Nicolas Roebeck, 19. Reyno du Toit, 20. Hayden Tharratt, 21. Davron Cameron, 22. Simon Bolze, 23. Siphumelele Msutwana.

Afskop: 18:30

Maties sal dieselfde plan as Tuks hê

Wanneer die Maties Maandagaand teen die Ixias in die SUT-stadion in Bloemfontein op die veld draf, sal dit met een doel voor oë wees: verseker ’n wen en ’n bonuspunt.

Die Stellenbossers het ook soos Tuks slegs een wedstryd verloor, maar lê tweede as gevolg van die Pretorianers se gunstiger punteverskil.

Slaag die Maties egter daarin om ’n wegholoorwinning te behaal, kan die eerste plek op die punteleer weer hulle s’n wees. Dit lyk baie moontlik.

Die Ixias het egter verlede week die amper onmoontlike vermag en byna die Pukke geklop. Hulle het niks om te verloor nie, maar kan wys hulle het karakter en het as span gegroei. En daar is geen beter manier om dit te wys as om die Maties pak te gee nie.

Spanne –

Ixias: 15. Waldo Putter, 14. Masego Toolo, 13. Gert Cronjé, 12. Ruan Wasserman, 11. Ondo Nkadisa, 10. Martin Jacobs, 9. Ruben Heymans, 8. Dean Rossouw (kapt.), 7. Vincent Maruping, 6. Jean Smal, 5. Brendan Verster, 4. Kian Skippers, 3. Chrisjan du Toit, 2. Hendrik Smit, 1. Kabous van Schalkwyk. Bank: 16. Stefan Jacobs, 17. Kyle Ess, 18. Francois du Toit, 19. Pieter Venter, 20. Sylvestor Makakole, 21. Dean Jacobs, 22. Denver Kleu, 23. Danie Muller.
Maties: 15. Tiaan Swanepoel, 14. Craig Barry (kapt.), 13. Michal Haznar, 12. Braam Venter, 11. Edwill van der Merwe, 10. Rynhardt Fortuin, 9. Paul de Wet, 8. Stephan Streicher, 7. Ernst van Ryn, 6. Mitchell Carstens, 5. Johan Momsen, 4. Ian Groenwald, 3. JE van der Merwe, 2. Craig Corbett, 1. Niel Oelofse. Bank: 16. Shane Farmer, 17. Wesley Adonis, 18. Carel Swart, 19. Ruben de Villiers, 20. Nicholas Edberink, 21. Brendon Nell, 22. Ernst Stapelberg, 23. Duncan Saal.

Afskop: 18:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.