Curriebeker: Marx, De Allende en Mvovo mag die naweek speel

Malcolm Marx -lions(Foto GB Jordaan)Die Springbokafrigter Allister Coetzee het drie spelers van die Springbokgroep van 31 vrygestel en hulle is beskikbaar om die naweek vir hulle provinsiale spanne in die  Curriebekerwedstryd te speel.

Malcolm Marx, Damien de Allende en Lwazi Mvovo se vrystelling is volgens Saru se mediavrystelling vroeg in die week gedoen sodat hulle nog in hulle provinsiale spanne ingesluit kan word vir die naweek se Curriebekerwedstryde, wat in ʼn paar gevalle deurslaggewend mag wees met die oog op die halfeindrondes.

Dit bly maar moeilik om te verstaan hoe Coetzee oor sy spanveranderings dink.

♦  De Allende is verlede week teen die All Blacks uit die bloute van buite die wedstrydgroep teen die Wallabies weer as plaasvervanger gekies omdat, in Coetzee se woorde, “… ek besluit het om Damian met Lionel (Mapoe) te ruil sodat ons dekking vir die binnesenter kan hê.”

Hoekom dieselfde dekking die vorige week nie vir dieselfde binnesenter Juan de Jongh nodig was nie, en ook nou weer nie, is nie duidelik nie.

♦  Malcom Marx, vanjaar se vorm-haker in Suid-Afrika, het na drie wedstryde in die Rugbykampioenskap uiteindelik teen die All Blacks sy kans gekry. Sy ingooiwerk was nie waffers nie, maar in die algemene spel was hy uitstekend.

Laat ʼn mens nie hier oor die meriete van Bongi Mbonambi en Marx redeneer nie. Dis nie ter sake nie. Wat jy graag sou wou weet, is hoekom Marx na drie uitsit-wedstryde twee weke gelede bo Bongi Mbonambi kans gekry het.

Mbonambi het dusver in die reeks een en ses minute speeltyd in twee van die toetse gekry. In die laaste, toe hy ses minute gespeel het, het hy ʼn paar goeie lopies ingekry.

En as die antwoord vir Marx se jongste weglating sy ingooi is, moet gevra word: hoekom word dit nie in die oefeninge reggemaak nie?

Goed, daar is wel  ʼn ander spanning op die ingooier onder wedstrydomstandighede, maar Marx doen dit reeds twee jaar puik op Superrugby-vlak.

♦  Lwazi Mvovo was klaarblyklik net op die onlangse Australasiese toer vir ‘ingeval’. Daar was seker beter vleuels wat kon saamgegaan het, maar Coetzee het nou in Suid-Afrika die keuse om hom of ʼn ander vleuel te kies in geval van besering. (Hoe dít verklaar sal word as dit nie Mvovo is wat nie eers kans gekry het lm sy aandele te laat daal nie, sal interessant wees.)

Daar bly dus 28 spelers in die Bokgroep oor waaruit die span vir aanstaande week se toets teen de All Blacks waarskynlik ook gekies sal word.

Die span wat Saterdag op Loftus teen die Wallabies speel word Donderdag bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PMB ·

Allister het nie n benul wat hy moet doen nie? Waarom stuur hy vir Marx huis toe. Ai die ou coach?

johann ·

Suid-Afrika het die spelers, ons probleem lê verseker by ons afrigters. Nie een van ons huidige lede van die afrigterskorps sal enigsins in enige ander land se nasionale afrigtingspan plek kry nie.

Christo Visagie ·

Hulle sal nie eers die klubspanne van ander lande kan afrig nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Jakkalas ·

Paniek bevange……die fout lê nie net by die spelers nie. So om te swop en change gaan nie die oplossing wees nie. Grootliks is die fout by jou coaches en bestuur en filter af na die res van die geoep. Politiek doen niks iets goeds vir sport nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.