Griekwas verander nege – en kaptein – teen WP

Sias Koen. (Foto: Griquas Rugby)

Naas die aanwysing van ʼn nuwe kaptein het Griekwas nege veranderinge vir Saterdag se Curriebekerbotsing op Nuweland teen die Westelike Provinsie aangebring aan die span wat met 22-40 teen die Sharks verloor het.

Twee van die veranderinge in die agttal is posisioneel, en die enigste voorspeler wat dieselfde nommer as verlede week op sy trui dra, Sias Koen, is die nuwe kaptein in die plek van AJ Coertzen, wat op die bank gekies is.

In die voorry skuif Nico Oosthuizen van los- na vaskop om plek vir Devon Martinus te maak. Stephan Kotzé is uit die 22-tal weggelaat.

Op haker ruil Wilmar Arnoldi van die bank af plekke met AJ le Roux.

Jono Janse van Rensburg en Sintu Manjezi is die nuwe slotpaar in die plek van Jonathan Adendorff en Pieter Jansen van Vuren.
De Wet Kruger skuif van agsteman na flank, en Kevin Kaba is die nuwe agsteman.

Tertius Kruger is die nuwe binnesenter in Jonathan Francke se plek, en Coertzen se skoene op heelagter word deur Eric Zana volgestaan.
Conway Pretorius, Christiaan Meyer en Christopher Bosch is vars op die bank.

Die span –

15. Eric Zana, 14. Ederies Arendse, 13. Kyle Steyn, 12. Tertius Kruger, 11. Enver Brandt, 10. George Whitehead (onderkaptein), 9. Renier Botha, 8. Kevin Kaba, 7. Sias Koen (kaptein), 6. De Wet Kruger, 5. Sintu Majezi, 4. Jono Janse van Rensburg, 3. Nico Oosthuizen, 2. Wilmar Arnoldi, 1. Devon Martinus. Bank: 16. AJ Le Roux, 17. Liam Hendricks, 18. Shaun McDonald, 19. Conway Pretorius, 20. Christiaan Meyer, 21. Christopher Bosch, 22. AJ Coertzen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Die Griquas se nr 9 (skrym half ) se naam is CHRISTIAAN MEYER … christiaan muis meyer

nie tiaan meyer nie …

Mariné Lourens ·

Dagsê Shannon

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.