Een van die groentjies in die Griekwas-rugbyunie (GRU) se Superliga het Saterdag sy stem uit die staanspoor dik gemaak met ʼn oortuigende sege oor een van die ouer ingesetenes.
Port Nolloth het sy Namakwalandse buurman Nababeep met 28-0 geklop. Dit was ook die rustydtelling.
Sutherland, die ander nuweling wat Saterdag sy buiging in die liga gemaak het, is met 5-55 deur Young Tigers van Carnarvon verslaan.
Die wenspan het agt drieë gedruk.
Victoria-Wes, die derde nuweling, was nog nie in aksie nie.
Die reeks word 6 Mei hervat.
Opgesomde punteleer –
Westerafdeling
Young Tigers 5, Port Nolloth 5, Upington-Dorp 4, Upington United 1, Nababeep 0.
Oosterafdeling
Kimberley 5, Sishen 5, Postmasburg 0, Hartswater 0, Victoria Wes 0.