Griffons-Oos: sleutelstryde in Willie Crowther

Twee sleutelstryde in die Griffons se Oosstreek-reeks om die Willie Crowtherbeker lê Saterdag voor.

Dit gaan weliswaar dalk eerder om tuisveldvoordeel in die kwarteindronde waar die tweede en derde spanne oorkruis sake sal uitspook.

In Frankfort se geval kan hy hom vorentoe sy nederlaag Saterdag teen die agteros, Harrismith, berou.

Hy is as gevolg daarvan derde in die Noordgroep, met Harrismith wat in sy nek blaas, en hy kom Saterdag op sy tuisveld teen die verdedigende kampioen, Bethlehem-oudskoliere, te staan. Die feit dat Oudskoliere tans tweede viool teen die 2015-kampioen, Reitz, speel, sal ook nie Frankfort se taak vergemaklik nie.

In die Suidgroep speel Senekal (tweede) tuis teen Marquard (derde). Hulle het ewe veel ligapunte, maar eersgenoemde het ʼn beter batige punteverskil, en dit gaan bloot om tuisveldvoordeel omdat Ladybrand nie meer ’n bedreiging blyk te wees nie.

In die ander wedstryd in die reeks is Harrismith die gasheer vir Reitz, die huidige voorloper in die Noordgroep.

Wat die reeks om die Stoney Steenkamptrofee (SST) betref, speel Collegians II van Bethlehem op dié dorp se Weermagterrein teen Ficksburg.

Lindley het aan die SST onttrek.

Jongste uitslae –

Willie Crowtherbeker

Harrismith 19, Frankfort 15; Collegians 19, Marquard 15; Senekal 41, Ladybrand 0.

Stoney Steenkamptrofee

Collegians II 15, Leopards 12; Ficksburg 63, Leopards 3.

Opgesomde punteleer –

Willie Crowtherbeker

Noord

Reitz 24, Oudskoliere 21, Frankfort 19, Harrismith 16.

Suid

Collegians 26, Senekal 20, Marquard 20, Ladybrand 9.

Stoney Steenkamptrofee

Ficksburg 5, Collegians II 4, Leopards 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.