Groot nuus vir hoërskoolrugby

Die Virseker Beeldtrofee-reeks trek ʼn splinternuwe baadjie aan en sal voortaan as die Virseker Beker bekendstaan.

Virseker is alombekend vir sy dienslewering in en ondersteuning van Afrikaans, deur verhoogproduksies soos Afrikaans is Groot, sowel as die bevordering van Afrikaanse onderrig, waar reeds meer as R10 miljoen in onder andere Akademia, die Rapport Onderwysfonds en die ontwikkeling van Afrikaanse leertoepassings (apps) belê is.

“Afrikaans is ons hartstaal. Ons werk in Afrikaans, ons leer in Afrikaans, ons sing in Afrikaans en ons speel rugby in Afrikaans,” sê Dawid Botha, woordvoerder van Virseker.

“Die Noordvaal-trofee het in die 97 jaar, sedert sy totstandkoming as die Interhoërskool Beker, ʼn hele paar naamsveranderings ondergaan, maar het altyd sinoniem gebly met eersteklas skolerugby. Ons staan met trots bankvas daaragter!”

Verdere goeie nuus vir rugbygeesdriftiges is dat van die wedstryde van die 2017-toernooi ook op kykNET uitgesaai sal word. “Suid-Afrika het oor die dekades heen talle legendariese rugbyspelers opgelewer en die meeste van hulle se suksesvehaal het op skool begin. Met die Virseker Beker bly ons toegewyd aan die ontginning, slyping en tentoonstelling van hierdie talent, sowel as die uitbouing van ʼn passievolle, trotse, Afrikaanse rugbykultuur,” sluit Botha af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DC ·

Bel bietjie vir Virseker so drie keer na mekaar en kyk of jy elke keer in Afrikaans gehelp gaan word….nee jy sal nie. Ek is by hulle en ek weet. Hulle deel ‘n call center met Auto & General en ander, so jy is gelukkig as jy in Afrikaans geholpe raak. Net ‘n bemarkingsfoefie en soos gewoonlik val ons daarvoor

tobie ·

As Auto & General betrokke is bly ek weg. Hulle het n eis van my geweier wat ek en die onbutsman uiteindelik gewen het. Dit was sooo lekerrrr.

Faan ·

DC- ek word altyd in Afrikaans gehelp by Virseker. Moenie nog die een mpy wat ons taal probeer respekteer verkleineer nie. Help eerder bou op die positiewe- hulle maak reeds ‘n groot verskil vir Afrikaans ín Afrikaans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.