John Mitchell moet Bulls probeer regruk

John Mitchell (Foto: Facebook)

John Mitchell is Donderdagaand as die Bulls se nuwe afrigter aangewys.

Die nuus is op ʼn nuuskonferensie van die Bulls bekend gemaak dat die voormalige en omstrede All Blacksafrigter as direkteur deur die Blou Bulle maatskappy (BBM ) aangestel is

Mitchell, wat in 1993 in ses toerwedstryde vir die All Blacks gespeel het maar nooit in ʼn toets uitgedraf het nie, is seker een van die beste afrigters wat nog in Suid-Afrika op provinsiale en/of franchisevlak afgerig het.

Hy is egter ʼn omstrede man.

Die GLRU het die Curriebeker vir die Goue Leeus in 2011 teen die Bokbelaaide Sharks 42-16 gewen het en ook die Lions se vertonings franchisevlak omgedraai het.

Die WPRU wou hom na Allister Coetzee as afrigter aanstel maar is op aandrang van die destydse voorsitter van SA Rugby, Oregan Hoskins aangeraai om dit nie te doen nie. Dit was glo op advies van die GLRU se president Kevin de Klerk dat Hoskins dit gedoen het.

Mitchell is onder ʼn groot wolk by die Leeus/Lions weg na klagte wat dié van die spelers ingesluit het. Hy is later op al 28 klagte onskuldig bevind en die het die Leeus ʼn aardige bedraggie gekos om hom vir die verkorting van sy kontrak te vergoed.

Mitchell is ook, ondanks ʼn opwaartse kurwe by die Force, dáár weg en is as die afrigter van die All Blacks vervang hoewel hy ʼn wenrekord van meer as 80% as afrigter gehad het; in 2002 en 2003 die Drienasiesreeks gewen het; derde plek in die 2003 Wêreldbekertoernooi behaal het en in dieselfde jaar die Bledisloebeker teen die Wallabies gewen het.

Dit lei egter geen twyfel dat hy ʼn uitstekende afrigter is nie – en daar is niks waarna Mitchell so uitsien as uitdagings nie. “Hierdie is ongetwyfeld ʼn groot uitdaging,” sê hy oor die sukkelende Bulls – en daaroor sal niemand hom teengaan nie.

Mitchell was tot die week nog die afrigter van die VSA se nasionale Eagles waar hy ook groot vooruitgang bewerkstellig het. Hy het ʼn sakeonderneming in Durban en het sy afrigting gedoen deur wanneer dit nodig was na die VSA te vlieg.

Daar is geen aanduiding gegee oor wanneer Mitchell die leisels vir die Superspan by Nollis Marais sal oorneem nie. Marais bly aan in die struktuur van die unie en sal na die Curriebekerspan omsien.

♦  Die hoofbeampte van die BBM, Barend van Graan, het gesê die aanstelling is die volgende stap in die proses om die Bulls se vertonings en aansien om te draai en langtermyn sukses te verseker.

“Ons het nou die beste kandidaat aangestel om die leisels by die Bulls oor te neem,

“Ons gaan voort met die res van die proses en luister graag na mense wie se insig ons sal help om die proses  suksesvol te maak. Ons werk daaraan om op elke vlak sukses as ʼn span te behaal, om ons ondersteunersbasis te vergroot en om vertroue in ons handelsmerk te vestig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Arie ·

E n braampie glimlag breed want hy is nog daar, nou weet ek nie so lekker of dit suksesvol gaan wees nie

pbotha ·

Uitstekende aanstelling. Hou die Bul maar dop. Hy het Lions geslyp en grondslag gele vir die span wat hul vandag is. Basics en disippline! Die bul gaan opstaan.Good luck my span

Kollie ·

As hy nie fisies gaan afrig nie, weet ek nie of dit gaan werk nie. Dis dieselfde pos wat Smal by die WP het en hy rig ook nie af nie.

Christo Visagie ·

Ek is ‘n Lions ondersteuner,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,maar ek is bly dat hulle iemand gekry het wat hulle rugby kan reggruk en as Unie laat opstaan dat hulle weer die rugby kan speel waarvoor hulle dekades lank bekend was,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Fires ·

Dis goed en Nollis Marais word “geherontplooi “as Currie Cup coach nes die anc met sy kaders doen. Raak ontslae van v.Graan en kie

Philip ·

Ag nee dis nie Mitchell wat die Lions opgebou het nie maar Johan Ackerman. Hy is al die hoofafrigter vanaf 2013. Die bulle moes hom aangestel het dan was hulle bo.

Riaan ·

Ag tog, nuwe afrigter en daar wen die useless bulls alweer die bekers voor al die games begin het.
Nou is die hele Pta weer blou whahahaaaa!!!

Waghond ·

Die volgende stap is om Van Graan te pos. Van Graan must fall!

pbotha ·

nee waghond…van graan moenie val nie. Ons soek hele paleisrewolusie…die hele toetie in loftus kantore moet waai!!! Blou Bulle maak skoon die huis.. nou is die geleentheid om van voor af skoon te begin!!! julle skuld dit vir ons die ondersteuners.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.