Lions-eindstryder in Sharks-span téén Goue Leeus

Akker van der Merwe (Foto: Facebook)

ʼn Week gelede het hy nog in Johannesburg vir die Lions teen die Crusaders in die Superrugby-eindstryd gespeel; Saterdag speel hy waarskynlik op die einste Ellispark vir die Sharks téén die Goue Leeus in die Curriebekerreeks.

Dis die vreemde paaie wat beroepsrugby loop, en die man waarna verwys word, is Akker van der Merwe, wat na verwagting op die Sharks se bank sal wees vir die botsing teen die Leeus.

Die besoekers se afrigter, Robert du Preez, moet nog uitsluitsel oor sy bankspelers gee.

Hy het heelwat verander aan die agterlyn wat die Blou Bulle op Loftus Versfeld geklop het, maar die agttal onveranderd behou.

Die 36-jarige Springbok Odwa Ndungane vervang Kobus van Wyk op die regtervleuel; en Lukhanyo Am skuif na buitesenter in Jeremy Ward se plek, met Marius Louw wat op binnesenter ingesluit is.

ʼn Nuwe skakelpaar, Benhard Janse van Rensburg en Cameron Wright, vervang Innocent Radebe en Michael Claassens.

Die span –

15. Garth April, 14. Odwa Ndungane, 13. Lukhanyo Am, 12. Marius Louw, 11. Sbu Nkosi, 10. Benhard Janse van Rensburg, 9. Cameron Wright, 8. Tera Mtembu, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Franco Marais, 1. Thomas du Toit. Bank (uit): Akker van der Merwe, Innocent Radebe, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Jean Droste, Louis Schreuder, Michael Claassens, Mzamo Majola, Wian Vosloo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Josua Keys ·

‘n Yster van n speler waaroor ek dink die Leeus nog baie spyt gaan wees dat hulle hom laat gaan het. Akker verdien beslis meer geleentheid om homself te bewys en ja MARX is ook briljant maar ek gee Akker net soveel komplement en dink ek huidiglik is hy en Marx die twee beste hakkers in Suid Afrika. Ek hoop regtig die leeus het nie die deur vir hom toegemaak nie en dat hy dalk eendag weer vir ons gaan speel.

Darius Els ·

Wonderlik as MM selfs sonder om op te let ,weet HOEKOM is sitplekke leeg selfs by toetse.
BEROEPSRUGBY STINK.
Selfs Craven sou braak daaroor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.