Pumas speel troefkaart; Bulle behou wenspan

Chris Cloete – troefkaart. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Die Pumas speel hul “grootste troefkaart” vir Vrydag se Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle, wat hul span wat die Cheetahs geklop het vir dié kragmeting behou.

Luidens ʼn nuusverklaring deur Mpumalanga Rugby is die insluiting van die Suid-Afrika A-flank Chris Cloete in die bond se opdrafspan die grootste troefkaart wat die afrigter Brent Janse van Rensburg het.

Dit sal sy laaste wedstryd vir die Laevelders wees voor hy hom by die Ierse provinsie Munster aansluit.

Cloete se insluiting is een van vier veranderings in die opdrafspan met Thembelani Boli, Brian Shabangu (flanke), Stefan Willemse (slot) en Justin van Staden (heelagter) almal beseer.

Nardus van der Walt is die ander flank, Jannie Stander die nuwe slot, en Gerrit Smith skuif van senter na heelagter.

Trompie Pretorius skuif van vleuel na senter om vir Selom Gavor plek te maak, met die vleuel Gerrie Labuschagne nuut op die bank.

♦ Die Blou Bulle se opdrafspan is onveranderd van die een wat die Cheetahs geklop het, maar Ulrich Beyers se harsingskudding bied plek vir Travis Ismaiel op die bank.

Die spanne –

Pumas

15. Gerrit Smit, 14. Selom Gavor, 13. Trompie Pretorius, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbel, 10. Kobus Marais, 9. Stefan Ungerer, 8. Willie Engelbrecht, 7. Nardus van der Walt, 6. Chris Cloete, 5. Hugo Kloppers, 4. Jannie Stander, 3. Pieter Scholtz, 2. Marko Janse van Rensburg, 1. Khwezi Mona. Bank: 16. Frankie Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Cameron Lindsay, 19. Hilton Lobberts, 20. Francois Kleinhans, 21. Reynier van Rooyen, 22. Gerrie Labuschagne.

Blou Bulle

15. Warrick Gelant, 14. Duncan Matthews, 13. Burger Odendaal (kaptein), 12. JT Jackson, 11. Johnny Kotzé, 10. Marnitz Boshoff, 9. Ivan van Zyl, 8. Nic de Jager, 7. Tim Agaba, 6. Marco van Staden, 5. Aston Fortuin, 4. Ruben van Heerden, 3. Conraad van Vuuren, 2. Edgar Marutlulle, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Matthys Basson, 18. Jano Venter, 19. Boom Prinsloo, 20. Piet van Zyl, 21. Tony Jantjies, 22. Travis Ismaiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.