Pumas sterk in wedloop; Boland in snelrat

Die Pumas het hulle Saterdag sterk gevestig in die wedloop om die kwarteindronde van die Supersportreeks te haal; en die sukkelende Boland het skielik sy snelrat gevind.

Die span van Nelspruit het die Welwitschias in Windhoek met 42-8 gelooi (rustyd 21-0), om binne drie punte van ʼn tweede plek in die afdeling te kom. Hy kan egter later, as punteverskil saak maak, spyt wees hy het nie verder gewen nie.

Boland wat tot dusver vanjaar nie kon voortbou op sy sukses van verlede jaar nie, het skielik by die Wesbank-rugbyklub op Malmesbury teen Suidwestelike Distrikte sy ritme gevind en die besoekers met 51-10 opgefrommel (rustyd 22-10).

Die Kavaliers het die vorige kragmeting tussen die twee spanne net met 15-8 gewen.

ʼn Vyfligapuntsege aanstaande week teen die OP Kings kan hom verrassend vir die kwarteindronde laat kwalifiseer. Hy het reeds ʼn beter punteverskil as die tweede geplaasde Grens, wat sy verpligtinge afgehandel het.

Die puntemakers –

Welwitschias: 8 (0) – Drie: Dirk von Weidts. Strafdoel: Winmar Rust.

Pumas: 42 (21) – Drieë: Emile Temperman, Jean-Paul Lewis, Carel Greef (twee), Franna Kleinhans, Jannie Stander. Doelskoppe: Kobus Marais (3), Sias Ebersohn (3).

Boland 51 (22) – Drieë: Elgar Watts (2), Sergio Torrens, Clinton Theron, Ludio Williams, Charles Mayeza, Edwin Sass, Zandre Jordaan. Doelskoppe: Divan Nel (3), Adriaan Carelse. Strafdoel: Divan Nel.

SWD 10 (10) – Drieë: Dillin Snel. Doelskop: Leighton Eksteen; Strafdoel: Leighton Eksteen.

Opgesomde punteleer –

Noord

Goue Leeus-vyftiental 31, Blou Bulle 27, Pumas 24, Valke 15, Welwitschias 6.

Sentraal

Griekwas 30, Sharks-vyftiental 24, Vrystaat-vyftiental 22, Luiperds 17, Griffons 12.

Suid

Westelike Provinsie 34, Grens 22, OP Kings 20, Boland 17, SWD 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.