Pumas verander verskeie teen Sharks

Thembelani Bholi (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Die Pumas moes verskeie veranderings aanbring in hul span wat die Goue Leeus getroef het, vir die Curriebekerwedstryd teen die Sharks Saterdag in Durban.

Ryan Nell, Francois Kleinhans en Nardus van der Walt is beseer en kon nie oorweeg word nie.

Thembelani Bholi maak sy buiging vir die Pumas as nommer 6-flank in Kleinhans se plek, en Chris Cloete is vir sy eerste Puma-verskyning op die bank gekies.

Nell word deur Jerome (Trompie) Pretorius op senter vervang, en Lambert Groenewald staan Van der Walt se plek vol.

JP Lewis is die nuwe linkervleuel, met Ruwellyn Isbell wat in Pretorius se plek na regs skuif.

Marko Janse van Rensburg vervang Mark Pretorius op haker.

Die hoofafrigter, Brent Janse van Rensburg, mik na ʼn sege teen die Natallers, en meen omdat rugby ʼn spanpoging is, behoort die veranderinge nie te pla nie.

Die span –

15. Gerrit Smith, 14. Ruwellyn Isbell, 13. Jerome Pretorius, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. JP Lewis, 10. Justin van Staden, 9. Stefan Ungerer, 8. Carel Greeff, 7. Lambert Groenewald, 6. Thembelani Bholi, 5. Hugo Kloppers, 4. Jeremy Jordaan, 3. Pieter Scholtz, 2. Marko Janse van Rensburg, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Frank Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Jannie Stander, 19. Chris Cloete, 20. Reynier van Rooyen, 21. Sias Ebersohn, 22. Devon Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.