Superrugby: Beserings noop veranderings aan SA spanne

Vir die naweek se Superrugby-wedstryde is die Stormers sonder hul gevaarlike heelagter, die Bulls sonder hulle Springbok-losskakel, terwyl die Lions, die Cheetahs en die Sharks ook as gevolg van beserings ’n verandering of twee moes aanbring.

Vrydag

Kings sal toer met sege wil afsluit

Steeds segeloos op hul Australasiese toer sal die Kings Vrydagoggend (11:45 SA tyd) probeer om die Waratahs te klop.

Hoewel die Waratahs tot dusver vanjaar slegs twee oorwinnings kon behaal, sal die manne van die Baai moet uithaal as hulle nie met leë hande na Suid-Afrika wil terugkeer nie.

Deon Davids, afrigter van die Kings, het Wandile Mjekevu op regtervleuel in die plek van die beseerde Yaw Penxe gekies, terwyl Irne Herbst sy terugkeer op slot maak, met Mzwanele Zito wat homself op die plaasvervangersbank bevind.

Andisa Ntsila vervang vir Ruaan Lerm op agsteman. In die voorry maak Ross Geldenhuys sy terugkeer op vaskopstut, met Justin Forwood wat na loskop toe skuif.

’n Bekende naam op die bank is die senter Stokkies Hanekom wat ’n seisoen of wat gelede skitterspel vir die Goue Leeus in die middelveld gelewer het.

Spanne –

Waratahs: 15. Israel Folau, 14. Taqele Naiyaravoro, 13. Rob Horne, 12. David Horwitz, 11. Cam Clark, 10. Bernard Foley, 9. Jake Gordon, 8. Michael Wells, 7. Michael Hooper (kapt.), 6. Ned Hanigan, 5. Will Skelton, 4. David McDuling, 3. Tom Robertson, 2. Tolu Latu, 1. Paddy Ryan. Bank: 16. Hugh Roach, 17. Angus Ta’avao, 18. David Lolohea, 19. Dean Mumm, 20. Jed Holloway, 21. Nick Phipps, 22. Bryce Hegarty, 23. Harry Jones.
Kings: 15. Masixole Banda, 14. Wandile Mjekevu, 13. Berton Klaasen, 12. Luzuko Vulindlu, 11. Makazole Mapimpi, 10. Lionel Cronje (kapt.), 9. Louis Schreuder, 8. Andisa Ntsila, 7. Tyler Paul, 6. Chris Cloete, 5. Wilhelm van der Sluys, 4. Irne Herbst, 3. Ross Geldenhuys, 2. Michael Willemse, 1. Justin Forwood. Bank:16. Kurt Haupt, 17. Schalk van der Merwe, 18. Dayan van der Westhuizen, 19. Mzwanele Zito, 20. Ruaan Lerm/Martin Bezuidenhout, 21. Johan Steyn, 22. Stokkies Hanekom, 23. Pieter-Steyn de Wet.

Afskop: 11:45 (SA tyd)

Lions span nuwe voorry in

Dit is te betwyfel of die Lions Vrydagaand op Ellispark in hul herontmoeting met die Jaguares weer in dieselfde slaggat sal trap as vroeg in Maart toe hulle ’n rugbyles in Buenos Aires geleer is.

Daardie dag was die Johannesburgers se span vol groentjies en het hulle verdediging gelol, iets wat intussen uitgestryk is.

Johan Ackermann, breier van die Lions, het vier veranderinge aan die span aangekondig wat verlede week die Stormers op Nuweland uitoorlê het.

Harold Vorster vervang die beseerde Rohan Janse van Rensburg op senter in die beginspan, nadat Janse van Rensburg ’n kniebesering teen die Stormers opgedoen het.

’n Splinternuwe voorry is ook gekies, met Johannes Jonker, Akker van der Merwe en Corné Fourie wat die opdrag sal ontvang om die Argentyne vroeg-vroeg tot oorgawe te dwing.

Verlede week se voorry, Jacques van Rooyen, Malcolm Marx en Ruan Dreyer, bevind hulle op die bank en sal in die tweede helfte help om die laaste bietjie lewe voorlangs uit die Jaguares te wurg.

Soos verlede week teen die Stormers, begin Ross Cronjé weer op skrumskakel, met die Springbok Faf de Klerk wat hom weer op die bank bevind.

Spanne –

Lions: 15. Andries Coetzee, 14. Madosh Tambwe, 13. Lionel Mapoe, 12. Harold Vorster, 11. Courtnall Skosan, 10. Elton Jantjies, 9. Ross Cronjeé 8. Warren Whiteley (kapt.), 7. Ruan Ackermann, 6. Jaco Kriel, 5. Franco Mostert, 4. Andries Fourie, 3. Johannes Jonker, 2. Akker van der Merwe, 1. Corne Fourie. Bank: 16. Malcolm Marx, 17. Jacques van Rooyen, 18. Ruan Dreyer, 19. Lourens Erasmus, 20. Kwagga Smith, 21. Faf de Klerk, 22. Jacques Nel, 23. Sylvian Mahuza.
Jaguares:
15. Ramiro Moyano, 14. Santiago Cordero, 13. Matias Orlando, 12. Jeronimo De La Fuente, 11. Bautista Ezcurra, 10. Nicolas Sanchez, 9. Felipe Ezcurra, 8. Benjamin Macome, 7. Rodrigo Baez, 6. Tomas Lezana, 5. Marcos Kremer, 4. Guido Petti, 3. Ramiro Herrera, 2. Agustin Creevy (kapt.), 1. Lucas Noguera Paz. Bank: 16. Roberto Tejerizo, 17. Santiago Garcia Botta, 18. Enrique Pieretto, 19. Ignacio Larrague, 20. Pablo Matera, 21. Gonzalo Bertranou, 22. Joaquin Diaz Bonilla, 23. Emiliano Boffelli.

Afskop: 19:00

Saterdag

Stormers sonder Marais, Pieter-Steph op flank

Die Crusaders is steeds onoorwonne vanjaar, terwyl die Stormers verlede week ’n wind of twee teen die Lions gesluk het.

Wanneer die Stormers Saterdagoggend in Nieu-Seeland (09:35 SA tyd) teen die Crusaders op die veld draf, sal dit dus wees om te bewys dat daardie neerlaag bloot ’n glipsie was.

Die Kapenaars het egter die slegte nuus ontvang dat hul heelagter SP Marais as gevolg van ’n liesbesering die kragmeting gaan misloop.

Hy word vervang deur die gereelde vleuel Dillyn Leyds, met Bjorn Basson wat op linkervleuel sal diens doen.

Die vuurvreterslot Eben Etzebeth sal die span in Siya Kolisi se plek aanvoer. Kolisi kry ʼn ruskans.

In ’n ietwat verrassende besluit het Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, Etzebeth se slotmaat Pieter-Steph du Toit na die kant van die skrum in Kolisi se plek geskuif, met Chris van Zyl wat op slot sal sak.

Du Toit het verlede jaar lelik kleigetrap toe hy vir die Springbokke flank gespeel het.

In die voorry roteer Wilco Louw en Frans Malherbe, met Malherbe wat afskuif bank toe.

Spanne –

Crusaders: 15. David Havili, 14. Seta Tamanivalu, 13. Jack Goodhue, 12. Ryan Crotty, 11. George Bridge, 10. Richie Mo’unga, 9. Mitchell Drummond, 8. Kieran Read, 7. Matt Todd, 6. Jordan Taufua, 5. Sam Whitelock (kapt.), 4. Scott Barrett, 3. Owen Franks, 2. Codie Taylor, 1. Joe Moody. Bank: 16. Ben Funnell, 17. Wyatt Crockett, 18. Michael Alaalatoa, 19. Luke Romano, 20. Pete Samu, 21. Bryn Hall, 22. Mitchell Hunt, 23. Manasa Mataele.
Stormers: 15. Dillyn Leyds, 14. Cheslin Kolbe, 13. EW Viljoen, 12. Dan du Plessis, 11. Bjorn Basson, 10. Robert du Preez, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Sikhumbuzo Notshe, 7. Pieter-Steph du Toit, 6. Nizaam Carr, 5. Chris van Zyl, 4. Eben Etzebeth (kapt.), 3. Wilco Louw, 2. Bongi Mbonambi, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. Oli Kebble, 18. Frans Malherbe, 19. Jan de Klerk, 20. Cobus Wiese, 21. Jano Vermaak, 22. Kurt Coleman, 23. Dan Kriel.

Afskop: 9:35 (SA tyd)

Bulls draf sonder Serfontein en Pollard op die veld

Daar hange ’n swaard van onsekerheid oor die Bulls én die Cheetahs se koppe oor hul voortgesette betrokkenheid in die verkleinde Superrugby-reeks wat van 2018 af sal geld.

Wanneer hulle dus Saterdag op die veld draf, sal ’n oorwinning vir albei spanne ononderhandelbaar wees.

’n Terugslag het die Pretorianers getref toe hul losskakel Handré Pollard sy regterenkel Donderdag op die oefenveld beseer het. Daar word verwag dat hy 8-10 weke langs die kantlyn sal deurbring.

Sy plek sal waarskynlik deur Tian Schoeman of Francois Brummer ingeneem word.

Die Bulls se afrigter, Nollis Marais, het Jacobie Adriaanse op vaskopstut in die plek van Trevor Nyakane, wat ’n ruskans kry, gekies, terwyl Jason Jenkins in die plek van RG Snyman op slot begin, met Snyman wat homself op die plaasvervangersbank bevind.

Die senter Jan Serfontein, wat aan die einde van die seisoen sy loopbaan oorsee voortsit, word ingevolge “die ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie”, aldus ’n mediaverklaring van die Bulls, gerus, met Jessie Kriel wat Burger Odendaal se sentermaat sal wees, terwyl Warrick Gelant die laaste vesting sal beman.

Franco Smith, afrigter van die Cheetahs, het op sy beurt besluit om Charles Marais op loskopstut te kies in die plek van Ox Nché, wat afskuif bank toe.

William Small-Smith sal die beseerde Sergeal Peterson se plek op vleuel inneem, terwyl Uzair Cassiem van ’n besering herstel het en op die bank in die plek van Junior Pokomela ingesluit is.

Spanne –

Bulls: 15. Warrick Gelant, 14. Travis Ismaiel, 13. Jesse Kriel, 12. Burger Odendaal, 11. Jamba Ulengo, 10. Tian Schoeman/Francois Brummer, 9. Piet van Zyl, 8. Hanro Liebenberg, 7. Jannes Kirsten, 6. Nic de Jager, 5. Lood de Jager, 4. Jason Jenkins, 3. Jacobie Adriaanse, 2. Adriaan Strauss (kapt.), 1 Pierre Schoeman. Bank: 16. Jaco Visagie, 17. Lizo Gqoboka, 18. Martin Dreyer, 19. RG Snyman, 20. Marnus Schoeman/Jacques Potgieter, 21. Rudy Paige, 22. Tian Schoeman/Francois Brummer, 23. Franco Naude.
Cheetahs: 15. Clayton Blommetjies, 14. William Small-Smith, 13. Francois Venter (kapt.), 12. Nico Lee, 11. Raymond Rhule, 10. Niel Marais, 9. Shaun Venter, 8. Henco Venter, 7. Oupa Mohoje, 6. Paul Schoeman, 5. Carl Wegner, 4. Armandt Koster, 3. Johan Coetzee, 2. Torsten van Jaarsveld, 1. Charles Marais. Bank: 16. Elandre Huggett, 17. Ox Nché, 18. Tom Botha, 19. Francois Uys, 20. Niell Jordaan, 21. Uzair Cassiem, 22. Tian Meyer, 23. Fred Zeilinga.

Afskop: 17:15

Sharks kies Smith op heelagter

Die Sharks span Saterdagaand teen die Rebels die voormalige Luiperd Rhyno Smith op heelagter in.

Smith vervang vir Garth April wat twee weke gelede teen die Jaguares die laaste vesting beman het.

Die Durbaniete, wat verlede week ’n loslootjie gehad het, sal sonder die ramkatflank Jean-Luc du Preez moet klaarkom wat ’n ligte besering in die week opgedoen het.

Du Preez se plek sal deur die bestendige Philip van der Walt ingeneem word.

Die losskakel, Benhard Janse van Rensburg, wat dalk nie so ʼn bevredigende begin tot sy Superrugby-loopbaan verlede maand teen die Kings gehad het toe hy in die opdrafvyftiental was nie, bevind hom op die bank.

Spanne –

Sharks: 15. Rhyno Smith, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. André Esterhuizen, 11. Lwazi Mvovo, 10. Curwin Bosch, 9. Cobus Reinach, 8. Daniel du Preez, 7. Philip van der Walt, 6. Tera Mtembu (kapt.), 5. Stephan Lewies, 4. Etienne Oosthuizen, 3. Coenie Oosthuizen, 2. Franco Marais, 1. Beast Mtawarira. Bank: 16. Chiliboy Ralepelle, 17. Thomas du Toit, 18. Lourens Adriaanse, 19. Ruan Botha, 20. Jacques Vermeulen, 21. Michael Claassens, 22. Benhard Janse van Rensburg, 23. Jeremy Ward.

Rebels: Span nog nie bekend nie.

Afskop: 19:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.