Te veel leemtes – en Bulls kry yslike pak slae

As jy nie wil of kan verdedig nie en jy kry nie eens 40 persent van die besit nie, moet jy maar vir jou kry.

Die Bulls is Saterdagoggend in Auckland deur ʼn middelmatige Bluesspan, vierde op die Nieu-Seelandse punteleer, afgeslag en het die wedstryd in Auckland met 14-38 verloor.

Rustyd was dit 7 elk, maar toe reeds was die tekens daar. Die Blues het toe in die tweede helfte vyf keer gaan druk en die Bulls het met die laaste beweging van die dag hul tweede drie gekry.

Jy kan eenvoudig nie toelaat, soos met die Bulls se eerste drie, dat daar niemand aan die steelkant is om te help keer nie; jy kan skrum soos jy wil, maar jy kan nie aanhou strafskoppe afstaan of jou eie strafskoppe hoek toe agter die doellyn laat beland nie; en jy kan nie met losvoorspelers wat soos slot-Trojane speel maar nie vaart na die afbreekpunt het, genoeg besit verwag nie.

Benewens 24 duikslae wat gemis is, was daar ook te dikwels, veral in die laaste kwart, net eenvoudig te veel geleenthede waar daar gapings gelaat is vir die tuisspan se snellers om deur te sny.

In die wedstryd was daar 13 skoon breekslae deur die wenspan teenoor geen van die Bulls en meer as 20 keer het die Blues ʼn verdediger geklop, vertel die wedstrydstatistiek.

Nollis Marais sal ongetwyfeld na sy adjudante se verdedigingsafrigting moet kyk. Dit bly een van hulle grootste swakhede.

Dit was, terloops, die Bulls se elfde opeenvolgende neerlaag in Nieu-Seeland sedert 2013, toe hulle die Blues geklop het.

Die skrums, waarvan daar min was, was goed; die lynstane ook.

ʼn Mens kan egter nie dieselfde sê van die hantering nie. Dit is iets wat voor die spelers se deur gelê moet word, soos ook die omkeerbesit wanneer die bal by die afbreekpunte uit die Bulls se hande spat.

Die Bulls het nou een uit vier wedstryde gewen en die Chiefs wag volgende naweek in Hamilton op hulle.

Puntemakers –

Blues (7) 38: Drieë:  Augustine Pulu, Mike Duffie 2, Ihaia West, Matt Moulds, Melani Nanai. Doelskoppe: Francis 2, West
Bulls (7) 14: Drieë: Lizo Gqoboka, Rudy Paige. Doelskoppe: Handré Pollard, Tiaan Schoeman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Francois Roos ·

Bulls kan nie dink hulle arriveer en danbwen hulle nie. Rugby is n spel waar jy jou respek verdien en dan wen jy. Domineer kontak hou die bal lewendig en laat ander die gròot manne tackle dan wen jy. Nou kan hulle nie eers die kleintjies terug tackle nie……

Manie ·

Kry vir n slag n ordentlike afrigter. Die laaste twee het die Bulls gesink

Hansie ·

Manie jy is 100% reg, hoe lank gaan die CEO (bestuur) hierdie slapgat afrigting toelaat? Ons sit met baie goeie spelers wat niks nuut geleer word nie.

Boerseun ·

My vraag bly wanneer van Graan gaan waai met sy broederbond? Sy tirade met daai vrou op twitter wys mos sy ware klere.

MANIE ·

Vervang die afrigter want hy het nie n idee wat hy doen net soos sy voorganger. Die kliek moet ontbind word want nie meer lank gaan net hulle en die rassistiese minister op die pawiljoen sit en rugby kyk. Ons gesin het nou al vie twee jaar nie ons voete op Loftus gesit. Ek gaan nie betaal vir die strooi wat hulle opdis

Dirkie ·

Stem saam Manie , ek se ons kort n coach wat ons kan maak soos Eddie Jones met England gedoen het. Ja jy wen nie al jou games in n kompetisie nie, maar darem ook nie 1 uit 4 nie.

Carel ·

Hierdie Bulls afrigter straal absoluut geen intelligensie uit nie. Goeie spelers se loopbane gaan vernietig word agv die kluit!!

Dirkie ·

Die bulle kort n afrigter wat al welslae be haal het. Nollis is n ou wat eerder homself moet bewys en die currie beker wen. Alhoewel die currie beker nie meer so gesog is soos jare terug nie. Die bulle kort beter losvoorspelers en n voory wat absoluut domineer.

BEN ·

Ek stem saam met Manie. Om rugby op Loftus by te woon is veronderstel om ontspannend te wees en dat jy so bietjie van jou sorge vergeet. Helaas, om dit die afgelope twee jaar te doen maak mens swartgallig – hulle planloosheid, hanteer vermoë, afbreekpunte ens – en is beslis ‘n vermorsing van geld.Vanoggend se rugby was tipies hulle spel oor die afgelope tyd. Daar is teveel spelers en veral die “grote” Jan Serfontein, Jessie Kriel en Handre Pollard wat op reputasie speel. Die oorgrote meerderheid van die span en is eintlik “useless” !

Arie ·

Ek stem Manie! Daar is geen afrigting te bespeur nie, van laasjaar af die selfde foute oor en oor. Ek sal nie weer moeite doen om die bulls games te kyk nie

Hendrik Vermaak ·

Ek is nie ‘n rugby kenner nie en hoop iemand kan aan my verduidelik hoekom die Bulls een van die top Super Rugby verdedigers oor die eerste vier rondtes in 2017 aan die Kings “leen”, dit terwyl hul ‘n verdedigings krisis beleef (statistieke praat- Irne Herbst 21 tackles teen Sharks ) .

Kosie ·

Hierdie ouens onderpresteer big time. As jy na die name op papier kyk, behoort die Bulls die sterkste span in die land te wees.

Liverbull ·

Ongelukkig is Nollis uit sy league hier en sal dit nie beter gaan nie. Niks het verander vanaf verlede jaar nie en ons lyk planloos. 20 skoon breuke teenoor nul is skrikwekkend. Die enigste speler wat sy hart uit gespeel het was Ruan Steenkamp. RG Snyman is n skaduwee van die een wat ons ken. Hierdie lyk nie soos n klomp spelers wat wil speel nie, houding is totaal verkeerd.
Iets moet gebeur en vinnig ook!!

Stephe ·

Dit is tyd dat die borge prestasie koppel aan hul borgskap . Vat waar dit die seerste maak – aan hul beursie

Stephanus ·

Solank die Bestuur van die Bulle hul blind hou vir die swak afrigters gaan die Bulle nerens kom nie!!!!!

BEN ·

Nollis moet die manne behoorlik toespreek en verduidelik dat hulle die TROTS van Pretoria moet wees en nie moet aanhou om die SKANDE te wees nie ! Lekker slaap.

Riaan ·

Voor die Super reeks begin het het al julle Bulls supporters gese ons het n briljante span na die EEN opwarmemings game wen, toe wen julle mos weer die reeks.
Hoekom nou die negatiewe kommentare oor die afrigting????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.