Die Pumas se speler van die jaar van 2016 kry Vrydag in Bloemfontein sy eerste kans vanjaar in die bond se opdraf-vyftiental.
Die haker Frankie Hearne, wat tot dusver vanjaar tweede viool ná Marko Janse van Rensburg en Mark Pretorius gespeel het, was die bankhaker in elk van die Pumas se eerste nege Curriebeker-wedstryde sover.
As gevolg van ʼn dyspierbesering wat Pretorius opgedoen het, kry hy sy kans teen die Vrystaatse Cheetahs.
Lambert Groenewald het ʼn skouer beseer, en word op flank deur Brian Shabangu vervang.
Francois Kleynhans (flank) het van sy kopbesering herstel, en word op die bank aangewend.
Die agterlyn word weer onveranderd ingespan.
Die span –
15. Justin van Staden, 14. Jerome Pretorius, 13. Gerrit Smith, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Kobus Marais, 9. Stefan Ungerer, 8. Willie Engelbrecht, 7. ThembelaniBholi, 6. Brian Shabangu, 5. Hugo Kloppers, 4. Stefan Willemse, 3. Pieter Scholtz, 2. Frankie Herne, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Marko Janse van Rensburg, 17. De-Jay Terblanche, 18. Cameron Lindsay, 19. Fancois Kleinhans, 20. Hilton Lobberts, 21. Theo Maree, 22. Selom Gavor.