Vier wysigings in Cheetahs se opdrafspan

Ryno Eksteen – sy groot kans. (Foto: Cheetahs)

Daar is vier wysigings aangebring in die Cheetah-span wat met die Pumas afgereken het, met die oog op die Curriebekerwedstryd Saterdag in Bloemfontein teen Griekwas.

Ryno Eksteen (22), ’n gewese SA Skolespeler, kry sy groot kans op losskakel in die beseerde Niel Marais se plek.

Laasgenoemde, wie se skopskoen tot dusver ʼn groot bydrae tot sy span se sukses gelewer het, het ʼn skouer teen die Pumas ontwrig, en die verwagting is dat hy vir ses weke tot drie maande buite aksie kan wees.

In die ander verandering agterlangs staan JW Jonker William Small-Smith se skoene op buitesenter vol.

Wat die agttal betref, draf Charles Marais as die vaskopstut op, met Oc Nche wat bank toe skuif; en Armand Koster vervang Justin Basson op slot.

Op die bank vervang Chris Dry vir Junior Pokomela, en Sergeal Petersen vir Jonker.

Die span – 

15. Clayton Blommetjies, 14. Rosko Specman, 13. JW Jonker, 12. Ryno Benjamin, 11. Makazole Mapimpi, 10. Ryno Eksteen, 9. Shaun Venter, 8. Jasper Wiese, 7. Henco Venter, 6. Niell Jordaan (kaptein), 5. Reniel Hugo, 4. Armand Koster, 3. Aranos Coetzee, 2. Jacques du Toit, 1. Charles Marais. Bank: 16. Ox Nche, 17. Joseph Dweba, 18. Rynier Bernardo, 19. Chris Dry, 20. Zee Mkhabela, 21. Sergeal Petersen, 22. Malcolm Jaer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.