Vuurdoop vir twee in Griekwas se Superliga

Twee van die drie nuwelinge in Griekwas se Superliga kry Saterdag hul vuurdoop in die eerste naweekronde van die nuwe seisoen.

Port Nolloth speel tuis teen Nababeep, terwyl Sutherland na Calvinia moet reis vir sy wedstryd teen Young Tigers.

Eersgenoemde vervang Springbok, en Sutherland vir Young Lions van Carnarvon, albei in die Westelike Afdeling van die liga.

Die derde nuweling, Victoria-Wes, wat De Aar Titans in die Oostelike Afdeling vervang, het ʼn loslootjie.

In dié afdeling het Postmasburg die ondankbare taak om die seisoen teen die Griekwa-kampioen en Goue Bekerspan, Sishen, te begin. Hy kan hom darem daaraan troos dat dit ʼn tuiswedstryd is.

Hartswater se wegspring is nie juis makliker nie, wanneer hy teen Kimberley, verlede jaar se naaswenner, op Hartswater kragte meet.

Saterdag se ander wedstryd is die derby op Upington tussen Dorp en United.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.