Warren Whiteley lei Bokke teen Frankryk

Allister Coetzee het ʼn verrassing of twee en ook vir Warren Whiteley as kaptein aangekondig in die Springbokgroep wat hy hoop sy loopbaan in die drietoets-reeks teen Frankryk kan red.

Van oorsee af het Coetzee genadiglik nie die ouer manne soos ondermeer Bismarck du Plessis, Bryan Habana, Morné Steyn en JP Pietersen gekies nie en net vier oorsese spelers is in die groep.

Die oorsese spelers is die loskop Steven Kitshoff, agsteman Duane Vermeulen, skrumskakel Francois Hougaard en die veelsydige senter/heelagter/losskakel Frans Steyn. Kitshoff en Vermeulen het wel verlede jaar toetsrugby as oorsese spelers gespeel.

Daar is agt spelers ingesluit wat nog nie toetsrugby gespeel het nie. Hulle is Lukhanyo Am, Andries Coetzee, Ross Cronjé, Dillyn Leyds, Raymond Rhule, Courtnall Skosan, Ruan Dreyer en Lizo Gqoboka.

Rhule, Cronjé, Dreyer en Gqoboka het reeds saam met die Bokke getoer maar nooit speelkans gekry nie.

Die Lions het met nege die meeste spelers vir die groep gelewer, naamlik die vaskop Ruan Dreyer, flank Jaco Kriel, haker Malcolm Marx, slot Franco Mostert, Whiteley, die heelagter Andries Coetzee, skrumskakel Ross Cronjé en sy skakelmaat Elton Jantjies en Courtnall Skosan.

Die Stormers het sewe spelers in die span: Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Damian de Allende en Dillyn Leyds.

Die Bulls het vyf spelers in die groep, naamlik Lood de Jager, Lizo Gqoboka, Jesse Kriel, Rudy Paige en Jan Serfontein. Die Sharks se vier is die voorry Beast Mtawarira, Chiliboy Rallepelle en Coenie Oosthuizen; en die Cheetahs se twee verteenwoordigers is Oupa Mohoje en Raymond Rhule, wat albei vanjaar uitstekende rugby in ʼn verloorspan speel.

Een van die verrassings is die insluiting van Paige op skrumskakel. Damian de Allende se keuse laat ook die wenkbroue lig in ʼn span wat agterspelers het wat duidelik gekies is met die oog daarop om  die bal wyd te speel.

Die weglating van Ruan Combrinck wat na net een wedstryd vanjaar in sy tweede teen die Bulls uitgeblink het, is ook onverklaarbaar.

Serfontein, wat verlede jaar gekies is maar tydens die voorbereiding vir die toetse beseer is, is terug in  die Bokgroep saam met Steyn, Hougaard en Chiliboy Rallepelle.

Pat Lambie is na samesprekings met die speler, en ook die mediese komitees van die Springbokke en die Sharks, nie vir die drie toetse oorweeg nie. Hy het twee weke gelede weer harsingskudding opgedoen nadat hy minder as ʼn jaar gelede 13 weke na ʼn kopbesering moes aflê.

Springbokgroep (alfabeties) –

Voorspelers (18)
Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Ruan Dreyer, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Jaco Kriel, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Oupa Mohoje, Franco Mostert, Beast Mtawarira, Lizo Gqoboka, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle, Duane Vermeulen, Warren Whiteley (kaptein).

Agterspelers (13)
Lukhanyo Am, Andries Coetzee, Ross Cronjé, Damian de Allende, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Dillyn Leyds, Rudy Paige, Raymond Rhule, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

b j smit ·

nee wat hy het nog nie geleer nie so dis weg met hom na die franse reeks ek was ook onder die in druk kwotas is uit

Geoktebokke ·

Bokwagter oooooo Bokwagter wat probeer jy maak?????????????????

Jd ·

Nou is dit duidelik hoekom die verbod op rugby om toernooie te hou gelig is. Sterkte aan Frankryk vs die kwota bokke.

Kan die naam Springbok asb ook nou verwyder word want Springbok rugby is sinoniem aan die beste speler on te speel nie om politikuste gelukkig te hou nie

pieter ·

DIE PAVILJOENE IS KLAAR LEEG ,WEET NIE OF DIT NOG LEER KAN NIE

Soekie ·

OMW!!!! Ek kan nie glo wat my oë sien nie…het die man nie laasjaar geleer nie? SIRKUS!!!!

Nico ·

Rudi Page? Rerig?

Ruil hom met of Jano Vermaak of Cobus Reinach

b j smit ·

daar was ook be sluit deur saru net spelers wat 30 toetse of meer vir die bokkevan oorsee sal speel waar kom kitshof nou van daan SARU is die grootste grap in SA

Kiewiet ·

Ek ondersteun die span wat teen die Flou Bokke speel . Net 2 Cheethas in die span maar hy kies 5 Bulls dis Lagwekkend

Gerbrandt ·

Boikot SA rugby en bly weg van die wedstryde af, maak hulle seer in hulle sakke, ek betaal nie R1500 vir n kaartjie om na n sirkus te gaan kyk nie!

Fires ·

Die enigste ondervinding wat die 5 Bulle na die span bring is hulle weet van oordentlik verloor

Poot ·

En so is almal hierbo rugby kenners van formaat. Wie anders is daar wat die bok legende weer moet opbou? Die Bakkies Bothas, Matfields en nog meer is laaaaankal nie meer daar nie. SA moet van vooraf begin om span te bou. Die sogenaamde “kwota” spelers het hul al deeglik bewys. hoewel ek nie ‘n Alister “fan” is nie, dink ek nie hy het sleg gedoen met spankeuses nie.
En vir die wat gal braak oor die Bulls spelers, hut julle nog nie geleer dat ‘n span so goed is soos sy afrigting nie. Ou Alister het dit mos al mooi bewys. Gee hierdie nuutverkose bokspan vir Johan Ackerman en sien wat vermag hy.

Fires ·

Dis nie net die Bulls se afrigting wat pateties is nie, dis die van Graan mafia wat die franchise beheer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.