[Wen] Leeus sê Hurricanes die stryd aan

Die Emirates Leeus (Foto: Verskaf)

Die Emirates Leeus en die Hurricanes sê mekaar Saterdag in ’n Superrugby-halfeindstryd op Emirates Airline-park die stryd aan. ʼn Maroela Media-leser kan ʼn dubbelkaartjie na die kragmeting wen.

Dié wedstryd beloof om ’n aksiebelaaide kragmeting tussen dié twee spanne te wees.

Daar is onder meer ook wedstryde tussen die Xerox Goue Leeus o.19 teen die DHL Westelike Provinsie o.19 asook die Xerox Goue Leeus teen Tafel Lager Griquas.

Die wedstryd skop om 14:30 af, maar die hekke is reeds vanaf 09:00 oop.

Rugby-ondersteuners kan buiten dié wedstryd ook uitsien na smeulende braaivleisvure, ʼn biertuin en ʼn optrede deur Dewald Wasserfall.

Kaartjies van R80 is beskikbaar op die Lions Rugby-webwerf.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na Saterdag se kragmeting tussen die Leeus en die Hurricanes by Ellispark wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Waar vind die kragmeting plaas? Die kompetisie sluit 27 Julie om 11:00. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.