Albei topgekeurdes sneuwel in Aussie Ope se vierde ronde

Angelique Kerber Sondag in sy wedstryd. Foto: AP Photo/Aaron Favila

Mischa Zverev Sondag in sy wedstryd. Foto: AP Photo/Aaron Favila

Die twee voorste gekeurde spelers in die Australiese Ope in Melbourne is Sondag in die vierde ronde uitgeskakel.

Andy Murray, die eerste gekeurde in die mansenkelspel, het Sondag in vier stelle teen Mischa Zverev, 50ste op die wêreldranglys, verloor en die Duitser Angelique Kerber is in twee stelle deur die Amerikaner, Coco Vanderweghe, geklop.

Zverev het Murray 7-5, 5-, 6-2, 6-4 geklop en Murray sluit hom daarby aan by die naas-gunsteling Novak Djokovic wat reeds in die tweede ronde deur Denis Istomin uitgeskakel is.

Murray het Sondag nie soseer swak gespeel as wat Zverev hom met die ou taktiek van afslaan en net dan storm, uitoorlê het nie.

Zverev, wat onder die Duitse vlag speel, het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal en sal in die kwarteindronde teen Roger Federer te staan kom.

Ná Djokovic se vertrek was Murray se kanse soveel beter om ná vyf neerlae in die toernooi se eindronde uiteindelik die Australiese Ope te wen – tot Zverev hom onverwags gestuit het.

Murray se posisie boaan die ATP-ranglys sal nie juis deur die uitslag beïnvloed word nie aangesien Djokovic met sy vroeë neerlaag nog 1 715 punte agter die Skot is.

♦  Die vierde ronde word eers Maandag voltooi. Die spelers wat reeds deur is na die kwarteindronde is Roger Federer (17) wat Sondag vir Kei Nishikori (5) met 6-7, 6-4, 6-3, 4-6, 6-3  geklop het; Stan Warwinka (4), ʼn vorige wenner van die Australiese Ope, het Martin Seppi in drie stelle huis toe gestuur; en Jo-Wilfried Tsonga (12) het die belowende Brit Daniel Evans in vier stelle geklop.

♦  Kerber moes soos Murray ook die knie buig voor ʼn ongekeurde speler en het 2-6, 3-6 teen Vanderweghe verloor.

Vanderweghe sal in die kwarteindronde teen die sewende gekeurde Garbiñe Muguruza van Spanje speel.

Venus Williams(13) is ook deur na die kwarteindronde en haar teenstander is Anastasia Pavlyuchenkova (24) van Rusland.

Die tweede gekeurde Serena Williams speel in die vierde ronde teen die Tsjeggiese Republiek se Barbora Strycova (16).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Dankie!!!!

Wat Mr Fed aan betref, wat ‘n geleentheid het hy nie nou nie, kan hy dit benut?

Jan ·

In die verlede het hy dit ook ‘n hele paar keer gehad, en toe gee sy kop pad.

Karma ·

Die “bookies” praat hard dié jaar by die AO ….. So hard dat Djokovic nie eens gelyk het hy gee om toe hy deur ‘n 4de rangse speller uitgeskakel word nie ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.