Vandag se sportnuus

Rugby

Die Springbokke het Saterdag teen die Poemas in die Kampioenskapsreeks gespeel en ’n goeie oorwinning behaal.

  • Intussen is Jano Vermaak aangewys om die beseerde Ross Cronje in die Bokspan te vervang. Cronje het Saterdag ’n enkelbesering opgedoen.
  • Een van die grootste rugbyspelers van alle tye, die All Black Colin Meads, is gister op die ouderdom van 81 jaar oorlede.

Curriebekerrugby

Drie wedstryde is die naweek afgehandel.

Skole-rugby

Die SA Skolespan het hul derde pakslae in die internasionale o/19-toernooi gekry. Engeland het met 52-22 geseëvier.

Gholf

  • In die Amerikaanse PGA-reeks is die Wyndham-kampioenskap voltooi.
  • In die Europese Reeks het die Fidji Internasionale Toernooi gister geëindig.
  • Op Arabella in die Wes-Kaap is die Vodacom-toernooi gespeel.

Tennis

Die eindstryde se uitslae by die Cincinnati Meesters lyk só:

  • In die Mans-enkelspel het Nic Kyrgios en die sewende gekeurde Gregor Dimitrov kragte gemeet. Dimitrov het met 6-3 en 7-5 geseëvier.
  • In die enkelspel vir Vroue het die tweede gekeurde Simona Halep en die vierde gekeurde Gabine Muguruza sake uitgespook. Muguruza het op ’n drafstap met 6-1 en 6-0 gewen.

Krieket

Die eerste dag-aand-toets tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande is afgehandel.

Engeland 514/8 verklaar

Wes-Indiese Eilande 168 en 137

Engeland wen met ’n beurt en 209 lopies.

Sokker

In die plaaslike Premierliga het die nuwe seisoen die naweek begin:

In die Engelse Premierliga is daar nege wedstryde afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.